‘n Belangrike hulpbron vir uitreike

‘n Belangrike hulpbron vir uitreike

Lee Strobel, die bekend skrywer, sê dat daar in elke gemeente baie evangelistiese potensiaal is – en tog gebruik ons hulle selde. Hulle raak gefrustreer. Wie is hulle? Die Christelike eggenotes van mans wat nie glo nie. Thom Rainer bevind in sy navorsing dat die vrou die belangrikste verhouding is om mans wat nie glo nie, te bereik. In een-derde van gevalle sê mans dat hulle eggenotes die belangrikste faktor was om hulle weer in die kerk te kry.

 

Hoekom het gemeentes nie ‘n benadering om hierdie eggenotes te bemoedig en op te lei nie? Maar wat nou van 2 Korintiërs 6:14:? Hierdie is ‘n waarskuwing van Paulus dat Christene baie versigtig moet wees om met ongelowiges te trou. As dit egter gebeur, moet gemeentes alles moontlik doen om die Christen eggenote by te staan.

 

Petrus skryf ook hieroor: (1 Petrus 3:1 – 2).

 

Hoeveel sulke paartjies is daar in julle gemeente? Waarskynlik ‘n klompie. Wat doen die gemeente om voordeel te trek uit hierdie unieke vermoë van vroue om hulle maats te beïnvloed? Hierdie is ‘n kragtige manier van uitreik. Gebruik dit.

 

Lee Strobel en sy vrou, Leslie, het ‘n boek hieroor geskryf: Surviving a Spiritual Mismatch in Marriage om Christene op te lei om doeltreffend uit te reik na hulle maats wat nie glo nie.




Laat sy Liefde jou Lei: Geloof is ‘n geskenk

Laat sy Liefde jou Lei: Geloof is ‘n geskenk – Milanie Vosloo

Geloof is ‘n geskenk

Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor groot praat nie, want ons is God se handewerk. Hy het ons in ‘n verhouding met Jesus Christus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe. Efesiёrs 2:9 – 10

God se liefde is vir álle mense. Anders as ons, deel Hy nie net sy liefdevolle goedheid aan “goeie” mense uit nie. Hy wag ook nie eers om te sien of ons gereeld Bybel lees, kerk toe gaan en ons bydraes getrou gee voordat Hy sy genade aan ons skenk nie. Nee, dieselfde son-van-verlossing wat oor getroue gelowige skyn, skyn ook op hulle wat dit die minste verdien. Juis wanneer ons sondes ons geestelik dood maak, kom staan Hy voor ons met arms vol genade-geskenke en sê: “Hier is ‘n gratis Geskenk aan jou. Hier is Ek self – die Een wat jou van die dood gered het. Aanvaar My. En gaan lééf dan in vrede.”

Moet nooit toelaat dat die bose of enige iemand jou aan God se goedheid laat twyfel nie. Moet nooit dink dat jy sy liefde nie werd is of dat jy eers ‘n klomp dinge in jou lewe moet “reg maak” voordat Hy sy genade aan jou gaan gee nie.

 

Gaan leef vandag en elke dag hierna met die seker wete dat Hy – ondanks alles en ten spyte van wie en wat jy is – aan jou sy liefdevolle goedheid gee.

 

Dankie dat ek – so onverdiend – ‘n sitplek langs U in die hemel het, Jesus.

Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit Milanie Vosloo se boek: Laat sy Liefde jou Lei, publiseer. Ons dank aan Milanie Vosloo en CUM vir hierdie vergunning.

Vir meer inligting oor CUM, besoek gerus hulle webblad by www.cumuitgewers.co.za

milanie_boeke_advertensie


Skrywer: Milanie Vosloo

 




Geestelik

Christianity is a faith that is based upon and rooted in miracles. Take away miracles, and you take away Christianity. —R.C. Sproul




Bonhoeffer (12)

Bonhoeffer (12)

Dink net aan die impak wat gelowiges en kerke op ‘n wêreld vol oorlog en stryd sou hê as hulle weer vredemakers word. Geweld bevorder nooit die saak van God se koninkryk nie. Daarom moet ons vir al die politici en regeringsleiers bid dat hulle vredemakers sal wees.