“Art, like morality, consists of drawing the line somewhere.” – G. K. Chesterton
Bonhoeffer (19)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Jy kla dat jy nie kan glo nie. Niemand moet verbaas wees as hy nie kan glo so lank as wat hy doelbewus ongehoorsaam is nie – as hulle wegvlug van sekere aspekte van Jesus se opdrag.
Jy wil tog nie ‘n sondige passie of hoop of lewensplan onderwerp aan Jesus se opdrag nie. Moenie verbaas wees as jy nie die Heilige Gees ontvang nie – as jou gebede leeg bly nie.
Versoen jouself met jou broer en suster; los die sonde wat jou gevange hou; jy sal gou uitvind dat jy weer kan glo. As jy God se opdragte verwerp, sal jy nie sy genade ontvang nie. Die ongehoorsames kan nie glo nie … net mense wat gehoorsaam is, kan glo.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so ‘n geloof ‘n mens red? Sê nou daar is ‘n broer of ‘n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sal vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood (Jakobus 2:14 – 17).
- Hulle het ‘n waardevolle land versmaai en die belofte van die Here nie geglo nie; hulle het in hulle tente gesit en mor en nie na die Here geluister nie (Psalm 106:24 – 25).
Here, help my om te sien waar ek aspekte van u wil vir my verwerp. Help my om te gehoorsaam en te glo en te glo en te gehoorsaam. Amen.
|
|
|