Life is an adventure in forgiveness. -Norman Cousins
Bonhoeffer (26)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
‘n Ander diens wat ek vir ander mense in ‘n geloofsgemeenskap moet doen, is om hulle aktief te help. Ons dink hier aan eenvoudige bystand in klein, eksterne sake.
Daar is baie sulke dinge waar mense saam leef. Niemand is te goed om die laagste diens te verrig nie. Mense wat bekommerd is oor die verlies aan tyd wat deur hierdie klein takies in beslag geneem word, neem hulle werk te ernstig op. Ons moet gereed wees om deur God onderbreek te word. Hy sal gereeld ons planne dwarsboom en ons frustreer deur mense met hulle eise en versoeke oor ons pad te stuur.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Maar die grootste onder julle moet bereid wees om ander te dien (Matteus 23:11)
- Hy sal die arme red wat om hulp roep, die verdrukte en dié wat geen helper het nie; hy sal hom oor die swakke en die behoeftige ontferm, die lewens van die arm mense beskerm. Hy sal hulle van onderdrukking en geweld bevry; hulle lewens sal kosbaar wees in sy oë (Psalm 72:12 – 14).
Here, as ek vandag deur my werk gaan, moenie huiwer om my te onderbreek nie en gee aan my die genade om kennis te neem van hierdie onderbreking. Amen