There are no non-religious activities; only religious and irreligious. —C.S. Lewis
Bonhoeffer (27)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
As ons verder praat oor diens in die geloofsgemeenskap moet ons van laste praat: Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus (Galasiërs 6:2).
Die wet van Christus is ‘n wet van verdraagsaamheid. Dit beteken volharding en lyding. Die ander persoon is ‘n las vir die Christen. Snaaks genoeg, hy is nooit ‘n las vir die heidene nie. Hulle bly net eenvoudig weg van elke las wat ‘n ander persoon vir hulle mag wees. Maar Christene moet die las van ander mense dra.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges (Galasiërs 6:9 – 10).
- Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie (Psalm 55:23).
Wie se las help jy dra? Is daar nie mense wie se las jy behoort te help dra nie?
Here, maak my gewillig om ander mense se laste te dra. Dankie dat u my laste dra. Amen