The words a father speaks to his children in the privacy of the home are not overheard at the time, but, as in whispering galleries, they will be clearly heard at the end and by posterity. -Jean Paul Richter, skrywer (1763-1825)
Bonhoeffer (32)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Daar is net een pad vir diegene wat Jesus volg en waarlik vir Hom in aanbidding wil dien: dit is die pad van versoening met ons broers en susters.
Elkeen wat na God se woord of na die sakramente kom met ‘n onversoende hart sal daarvoor geoordeel word. In God se oë is so ‘n persoon ‘n moordenaar. Dit is ‘n moeilike pad wat God hier vir sy dissipels uitstippel. Dit sluit dikwels vernedering in. Maar dit is die pad wat ons moet volg om by Hom uit te kom; dit is die pad van die kruis, maar ook die pad van genade. In Jesus word diens aan die broer en suster wat die geringste is, gelykgestel aan diens aan God. Hy het gekom en word versoen met sy mensekinders; Hy het Homself geoffer.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe (Matteus 5:23 – 24)
- Beskerm my en red my, laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek (Psalm 25:20 – 21)
Here, dankie dat U Uself met my versoen het. Maak my ‘n versoener. Amen.