Bonhoeffer (34)
Alexander Graham Bell.
Bonhoeffer (34)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
[Bonhoeffer se siening van ‘n lewe onder vyande was gevorm deur sy lewe in Duitsland onder die Nazi’s. Op daardie stadium het Duitsland toenemend vyandig teenoor Christene geword.]
Die Christen kan nie sommer as vanselfsprekend die voorreg om tussen Christene te woon, aanvaar nie. Jesus Christus het omring deur vyande geleef. Teen die einde het al sy dissipels Hom verlaat. Aan die kruis was Hy alleen omring deur misdadigers en ‘n spottende skare mense. Hy het gekom met die uitdruklike doel om vrede vir die vyande van God te bring. Ons as Christene behoort nie ‘n afgesonderde kloosterlewe te lei nie, maar tussen ons vyande. Daar kry Christene hulle roeping – hulle werk.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- (Matteus 10:16).
- (Psalm 23:5 – 6).
Here gee aan my die geloof, die moed en die liefde om getrou te midde van vyande te leef – net soos U dit gedoen het. Amen.