– Bonnie Prudden
Bonhoeffer (35)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Soos broers en susters in tye van nood bymekaar staan, mekaar se wonde verbind, mekaar se pyn verlig, moet liefde vir die vyand iets goed vir die vyand doen. Waar in die wêreld is daar groter nood, waar is daar dieper wonde as juis by ons vyande? Waar is om goed te doen meer noodsaaklik en geseënd as juis by ons vyande?
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
Is dit nie teenproduktief om goed te doen aan ons vyande nie? Hoekom is die behoeftes van ons vyande vir ons belangrik? Wat word van die woord “vyande” as ons hulle soos broers en susters behandel?
Here, U wat ons almal met ‘n ewigdurende liefde liefhet, laat my liefde vir my vyande meer as woorde en gedagtes wees, maar laat dit konkrete optrede wees. Amen.