We must fall into the arms of Christ or into the flames of hell. —John Mason
Bonhoeffer (36)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
In gebed gaan ons na ons vyande en staan aan hulle sy. Ons is met hulle – naby hulle en vir hulle. Jesus beloof nie dat die vyand aan wie ons goed doen, ons sal liefhê of seën nie – Hy beloof nie dat hulle ons nie sal mishandel en vervolg nie.
Maar al doen hulle dit kan hulle ons nie oorwin of kwaad aandoen as ons voorbidding vir hulle doen nie. Ons tree nou vir hulle by God in. Elke belediging van ons vyand bring ons nader aan God en ons vyande. Elke vervolging bring die vyand nader aan versoening met God.
Hoe word liefde onoorwinlik? Deur nie te vra wat die vyand doen nie, maar wat Jesus gedoen het. As ons ons vyande liefhet, lei dit ons op die pad van die kruis – maar ook nader as die Gekruisigde.
Bonhoeffer gee weer twee Bybelgedeeltes om ons te help:
- Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg (Matteus 5:44).
- In God, wie se woord ek prys, in die Here, wie se woord ek prys, in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ‘n mens aan my doen? Ek moet my geloftes aan U nakom, o God, ek wil U met dankoffers betaal, want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien (Psalm 56:11 – 14).
Here van vrede en geregtigheid, laat my nie oorwinning oor my vyande soek nie, maar eerder ware en wedersydse versoening. Amen.