Leer geduld in die plaaslike gemeente

 

Every time the gospel has been proclaimed boldly and accurately in church history, there has been persecution. —RC Sproul

Leer geduld in die plaaslike gemeente

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Die plaaslike gemeente is die smeltkroes waarbinne ons gevorm word as die geduldige mense van God. Ons is met mekaar verenig in Jesus Christus. Soos ons volwasse word –  so volmaak en vlowasse soos Christus (Efesiërs 4:13) –  leer ons geduld deur te vergewe en met ander versoen te word. Ons toewyding aan ons geloofsgemeenskap is noodsaaklik as ons geduld wil leer en stabiliteit wil beoefen. Geduld kan ons bymekaar hou terwyl ander kragte dreig om ons uitmekaar te skeur.

Hierdie kragte van fragmentering kom dikwels na vore in:

 

  • Die lyding van ander;
  • Vervreemding as gevolg van ras, ouderdom, seksuele oriëntasie, ens;
  • Vrese wat lei tot verdelende gedrag – soos skinder en die gryp van mag.

Ons leer geduld nie deur van hierdie probleme weg te hardloop nie, maar deur betrokke te raak en saam met diegene wat swaarkry, te loop. Dit is maklik om raad te gee en te oordeel as jou vriend se huwelik uitmekaar val; dit is ingewikkelder en veeleisend om saam met hulle te sit, te luister en stadig na genesing te werk.

Ons groei na geduld word elke keer wat ons ons uit die vrugbare grond van plaaslike gemeenskap ontwortel, afgestomp. Soos  ons geduld leer deur die uitoefening van deernis in die plaaslike gemeente, vloei dit na buite – ons word meer geduldig met ons bure, medewerkers, ander kerke, ens. Die belangrike is om net daar te wees – nie om te bombardeer met godsdienstig clichés nie.

Volgende keer kyk ons na die verbinding van ons doelwitte en middele.