Die eerste brief van Johannes: Bly in God en sy woord Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe– behou die geloof (vervolg). (c) Bly in God en sy woord (2:23-26)
Die eerste brief van Johannes: Bly in God en sy woord Die vierde vereiste om in die lig te kan lewe– behou die geloof (vervolg). (c) Bly in God en sy woord (2:23-26) – Francois Malan
2:23 ‘Elkeen wat die Seun ontken, het selfs nie die Vader nie; wie die Seun bely, het ook die Vader.’ Waar 2:22 beklemtoon dat ‘n valse geloof uitloop op ontkenning van die Vader en die Seun, wys 2:23 daarop dat die ontkenning of belydenis van die Seun elke mens se verhouding met die Vader raak. Die twee woorde ‘ontken-loën’ en jou ‘lojaliteit bely’ is ook so deur Jesus gebruik in Mt 10:32-33: