Die Here se wil

Die Here se wil – Francois Malan

Jan vra:

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

 

Hoekom wonder jy waarom die Here die kind laat swaarkry? Is dit dan nie, soos jy sê, die ouers se nalatigheid wat die kind laat swaarkry nie? En die Here se genade dat die kind aan hulle teruggegee word nie? Hoekom blameer ons die Here as ons verkeerd optree? Hoekom loof en prys ons nie die Here oor sy wonderlike goedheid dat Hy hier ‘n besondere uitsondering gemaak het en die kind laat lewe het nie?

Die vier Evangelies meld slegs van drie persone wat Jesus uit die dood opgewek het: die 12-jarige dogtertjie van Jaïrus (Mk 5:22,42 en Lk 8:41,55), die jongman, die enigste seun van die weduwee van Naïn (Lk 7:11-15), en Jesus se vriend Lasarus (Joh 11). Terwyl die Evangelies van baie genesings vertel, is daar slegs die drie besondere uitsonderings.

 

Prof Francois Malan

 




Hoe definieer ons die wêreld

Hoe definieer ons die wêreld – Francois Malan

Thelma vra:

wil graag weet in 1 Johannes 2:15-17 praat dit van ons moenie in die wêreld wees of dinge van die wêreld doen nie. Hoe definieer ‘n mens die wêreld?

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

2:16 Hier verduidelik Johannes wat ‘al die dinge wat in die wêreld’ is, wat teen God staan:

Bose begeertes (i) en valse waardes (ii) gaan oor onheilige begeertes na dinge en posisies wat ons nie het nie, en egoïsme (iii) gaan oor onheilige trots oor prestasies of dinge wat ons het.

2:17 Die wêreld met sy dinge wat begeer word, is aan die verbygaan. Dit is die tweede rede waarom ‘n Christen nie die wêreld moet liefhê nie (die eerste rede in 2:15-16: liefde vir die wêreld en liefde vir God sluit mekaar uit). Die dinge van die wêreld het egter nie permanente waarde nie, so ook nie die begeerte na die dinge van die wêreld nie

 

Prof Francois Malan

 




Voorbodes

Voorbodes – Francois Malan

’n Leser vra:

Dit gaan nou baie snaaks klink, maar ek moet dringend met iemand praat oor voorbodes. Dit het weer gister gebeur met my en ek verstaan dit nie. Ek wonder of dit nie my verbeelding is nie, maar ek dink nie so nie. Ek is reeds deur ’n mediese dokter as “anders” geklassifiseer. Ek wil verkieslik nie met sielkundiges praat nie, maar met ‘’n professor in Bybelkunde.

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

Voorbodes is voortekens, dikwels van bonatuurlike aard, onverklaarbare boodskappe dat iets gaan gebeur, meestal iets slegs wat gaan gebeur. Daar is mense wat voorbodes kry en daaronder ly omdat hulle gewoonlik nie iets daaraan kan doen nie, en maar net moet wag om te sien wanneer dit gebeur. En sommige voorbodes gebeur eers na jare.

Voorgevoel is ‘n gevoel of ‘n ingewing dat iets gaan gebeur. Daar is baie mense wat voorgevoelens kry, en gewoonlik kan hulle dan daarop voorbereid wees of daarvolgens optree.

Die meeste mense kry nie voorbodes of voorgevoelens nie, en lewe volgens beplanning of besluite, en wanneer dit nie kan uitwerk nie, aanvaar hulle dat dit nie die pad is wat gevolg moet word nie, of wag hulle vir ‘n beter geleentheid om dit uit te voer.

Die profete van die Ou Testament het gesigte gesien oor die toestand en toekoms van die volk Isael.

Esegiël het ‘n hele aantal gesigte gesien, o.a. die vallei vol doodsbene wat weer lewendig geword het, as teken van die moedeloosheid van die volk in ballingskap, en dat die Here sy Gees in hulle sal blaas en weer lewendig maak as teken van hulle terugkeer na Jerusalem uit die ballingskap in Babel, en hulle terugkeer na die Here toe (Eseg. 37).

Die boek Openbaring is vol gesigte wat Johannes gesien het.

 

Prof Francois Malan

 




Die wapenrusting van God

Die wapenrusting van God – Francois Malan

Thea vra:

Antwoord

Prof. Francois Malan antwoord:

gereed wees vir die stryd teen die duiwel en sy magte. Die stryd word egter geveg  met vrede! Christus is ons vrede (Ef 2:14). Hy bring vrede tussen Jood en nie-Jood, en bring hulle saam om in vrede met God te lewe (Ef 2:15-16). Daarom moet ons in vrede met mekaar saamleef in die kerk (4:3) en verkondigers van die blye boodskap van vrede wees. Met vrede sal ons die duiwel se pogings fnuik om onmin en stryd tussen mense en tussen God en sy kinders te saai. Vir wat alles nodig is om die vrede te handhaaf, vgl. Ef 4:2-3.

geloof, naamlik ons vertroue op Christus (Ef 3:12) wat in ons woon (Ef 3:17) met  die volle geestelike krag van God (Ef 1:19).

Vir voorbeelde van geloofshelde, vgl. die lys in Hebreërs 11.

‘n Voorbeeld vir verlossing, vgl. Paulus (1 Kor 15:8-10)

 

Prof Francois Malan