Liefde vir jou naaste
Liefde vir jou naaste – Francois Malan
Johan vra:
Antwoord
Prof Francois Malan antwoord:
Liefde is nie slegs ‘n toegeneëntheid nie, maar ‘n wilsbesluit, om selfs jou vyand lief te hê, omdat ons deel geword het van God se groot liefde. Liefde is die vrug van die werk van die Heilige Gees in ons (vgl. Gal.5:22).
1 Joh 4:7-8 sê: Geliefde, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.
2 Kor 3:18 sê die Gees is besig om ons al meer te verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.
1 Petrus 1:22,23 sê: Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God.
Skrywer: Prof Francois Malan
Ek verneem graag,as die antichris eendag kom, in watter taal gaan hy met ons kommunikeer. Daar is baie verskillende volke en nasies, dialekte. Hoe gaan hy met almal kommunikeer? Is daar iewers in die Bybel enige bewyse in watter taal gaan hy met ons kommunikeer? Antwoord Prof Francois Malan antwoord: In die Bybel word geen taal genoem vir die antichris nie. Die woord of naam ‘antichris’ beteken ‘teenstander van Christus’ of ‘in die plek van Christus’. Die woord kom slegs vier maal in die Nuwe Testament voor, naamlik in 1 Johannes 2:18,22; 4:3; en in 2 Johannes 7. Die woord word ook nie in die Griekse literatuur voor die koms van Christus gebruik nie. Dit lyk asof Johannes self die woord geskep het. Die ander Bybelskrywers ken ook nie die woord nie. Die gedagte van ‘n stryd van die wêreldmagte teen God en sy volk kom reeds in die Ou Testament voor, vgl. Eseg.38:2-3 se Gog en Magog; Dan.9:26,27; 11:31; 12:11 die ander regeerder wat ‘op die een hoek van die tempel ‘n ding sit wat ‘n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig’ – wat waarskynlik verwys na Antiogus Epifanes wat in 168 v.C. ‘n altaar vir die Griekse hoofgod Zeus op die tempelterrien opgerig het. Jesus verwys daarna in Mark.13:14, vgl.Matt.24:15, as ‘n tipe van die weerstand wat teen Jesus en sy volgelinge gevoer sal word. Die idee van ‘antichris’ verskyn ook in Paulus se beskrywing van ‘die wettelose mens’ in 2 Tes 2:1-12. In Openbaring word van beeldspaak gebruik gemaak waar verwys word na die draak (Openb 12), die dier wat uit die see opkom (Open.13) en die dier wat uit die aarde opkom, wie se getal 666 is (Openb 13:18). 1 Joh 2:18 praat ook van baie antichriste wat nou reeds daar is. Dit is die bewys dat ons reeds in die laaste dae leef, tussen die eerste en tweede koms van Christus. Volgens 1 Joh 4:3 is elkeen wat nie bely dat Jesus die verwagte Christus (in Grieks), Messias (in Hebreeus), Gesalfde van God is nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie (m.a.w. die Heilige Gees wat in ons kom woon – vgl. 2:20-21 gesalf met die Heilige Gees). So ‘n lidmaat wat nie meer kan bely dat Jesus waarlik mens is en ook waarlik God is nie, het die gees van die antichris – staan buite Christus en is eintlik teen Christus. 2 Joh 7 verwys juis na sulke lidmate: Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld (letterlik: wat uitgegaan het in die wêreld in). Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met ‘die misleier, die antichris, bedoel. So sê 1 Joh 2:22 ook: Wie is die leuenaar anders as hy wat nie wil erken dat Jesus werklik die Christus is nie? Hý is die antichris, hy wat nie die Vader en die Seun wil erken nie. Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken, erken ook die Vader – met ander woorde, iemand wat Jesus nie erken nie, erken nie dat Jesus God is nie. Almal wat nie glo dat Jesus ware mens en ware God is nie, is ‘n antichris. Sulke mense kom in al die dele van die wêreld en onder alle tale van die wêreld voor, ook onder mense van jou eie taal. 1&2 Johannes is nie so bekommerd oor ‘n antichris wat voor die wederkoms van Christus sal verskyn nie, as wat Johannes bekommerd is oor lidmate wat nou reeds óf Christus se mensheid óf sy godheid verwerp. Skrywer: Prof Francois Malan Die antichris
Die antichris – Francois Malan
‘n Leser vra:
Die Siel
Siel – Francois Malan
Jan vra:
Antwoord
Prof Francois Malan antwoord:
Die Hebreeuse woord nefesj (siel) kom 755 maal in die Ou Testament voor. Die woord beteken eerstens ‘keel’ (soos in Jes 5:14: die doderyk maak sy ‘keel’ wyd oop) en dan ‘asem’ wat deur die keel kom (soos in Job 41:12 vir die krokodil, letterlik: Leviatan, se asem wat vure aansteek). Daarnaas dui die woord ook ‘lewe’ aan in Gen 9:4,5; dat die lewe (nefesj) van die dier in sy bloed gesetel is, wat die Here gegee het om vir julle lewens (nefesj) versoening te doen (Lev 17:11).
Daarom vertaal die 1983-vertaling Gen 2:7 met: ‘Die Here God het toe die mens gevorm uit die stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende ‘wese’ (nefesj) geword het.’
Toe die Griekse vertaling van die Ou Testament in ongeveer 250 voor Christus begin, het hulle die Griekse woord psuche gebruik om die Hebreeuse woord nefesj te vertaal in 600 van die 755 gevalle. Die Griekse woord psuche beteken ‘lewe’ en word ook gebruik om ‘persoon’ uit te druk, en dan verskeie aspekte van die mens, as die sentrum van emosies, begeertes en gevoelens, word ook gebruik vir die gees van die heelal en van die mens. Maar die Griekse woord het ook die betekenis van die onsterflike siel binne die sterflike liggaam gehad, wat die Hebreeuse psuche nie het nie. Die algemene uitdrukking: die Here het jou siel gered, met die konnotasie wat ons aan die siel begin heg het as die onsterflike siel in onderskeiding van die sterflike liggaam, is eintlik nie ‘n Bybelse gedagte nie, maar kom uit die Griekse filosofie. Daarom is die straf op die sonde van die mens volgens Genesis 3:19: Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer. Sonder om bewuste onsterflikheid aan die mens toe te ken. Prediker 12:7 voeg daarby: ‘Die tyd wanneer die stof tot die aarde terugkeer soos dit was, en die gees (ruach, lewensasem) na God terugkeer wat dit gegee het.’ Dit was eers Jesus se opstanding uit die dood wat vir ons bewys het dat daar plek is vir die mens in die ewigheid. Die Psalms is vol klagte by die Here dat die dooies nie meer die Here kan prys nie, en in die vergetelheid versink.
Die Bybel sien die mens as ‘n lewende eenheid. In die Ou Testament sterf die mens se gees en liggaam. Enkele ligpuntjies oor ‘n lewe na die dood blyk uit die profete en veral by Daniël (vgl. 12:2,3). Maar in die Nuwe Testament verander die uitsig op die lewe na die dood. Jesus het nie net die siel kom red nie, maar ook die siek liggame van mense kom genees. Hy het nie slegs met sy gees of siel opgestaan uit die dood nie, maar ook met sy liggaam, wat verander het in ‘n verheerlikte liggaam. So verwag ons ook ‘n verheerlikte liggaam met die opstanding wanneer Jesus weer kom (vgl. 1 Kor 15:20-28 en veral 15:35-57; vgl. ook die ewige heerlikheid wat o.a. in Mat 25:34 geteken word, en die ewige straf in Mat 25:41; Rom. 8:18; Kol.3:4, ens.).
Die Griekse woord psuche (siel) verwys in die Nuwe Testament na die lewe van die mens as denke, wil, en gevoel – jou innerlike self, denke, gedagtes, gevoelens (begeertes), jou hart, jou wese.
Die woord ‘siel’ word in hierdie onderskeie verbande figuurlik gebruik as aanduiding van die persoon.
In die Nuwe Testament word die woord psuche konkreetgebruik vir lewe (Mat 10:39), ook vir ‘ek’ as persoon (Mat 10:28) vir wie God met siel en liggaam in die hel kan werp. In Hand 2:41 word ‘siele’ gebruik vir die 3,000 mense wat tot bekering gekom het.
Waar die vier woorde hart (kardia), siel (psuche), verstand (dianoia) en krag (ischus) saam gebruik word in Markus 12:28 (vgl. Mat 22:37; Lk 10:27; soos aangehaal uit Deutr.6:5 se ‘hart, siel en krag’) kan ‘siel’ goedskiks met ‘lewe’ vertaal word, jou lewensbeginsel.
So ook met 1 Tes 5:23 se ‘gees (pneuma), siel (psuche) en liggaam (sooma)’ waar Paulus die sinonieme ‘gees’ en ‘siel’ gebruik om soveel moontlik klem te lê op ‘die hele mens’, dat God julle so sal bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom. (let wel: die liggaam word ingesluit vir bewaring deur God tot by die wederkoms).
Ook die woord ‘gees’ (pneuma) kan die innerlike van die mens aandui, sy persoon (vgl. Hand.17:16 waar ‘sy gees’ vertaal word as: ‘hy’ het verontwaardig geword; Gal 1:18 ‘met julle gees’ wat goedskiks ‘met julle’ kan vertaal word, soos in Flp 4:23 se ‘met julle gees’ wat as ‘by julle’ vertaal is, so ook Flm 1:25.
So kan ‘gees, siel en liggaam’ in die drie woorde van 1 Tes 5:23 onderskeidelik die persoon (gees, pneuma) aandui, na sy innerlike persoon (siel) en die uiterlike (liggaam) van die persoon, om daarmee die hele persoon te beklemtoon.
[Gees kan ook verwys na die ingesteldheid of denkwyse van die mens, soos in Gal 6:1 met ‘n gees’ van sagmoedigheid, wat bloot as ‘doen dit in sagmoedigheid’ vertaal kan word.]
1 Petrus 1:9 sê: Deur in Hom (Jesus Christus) te glo, al sien julle Hom nou nie, het ‘julle’ (nefesj) reeds deel aan die saligheid.
Jou opmerking: En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens ‘n lewende SIEL geword. Mens saamgestel uit gees, siel en liggaam – is nie korrek nie. Die mens is nie saamgestel uit gees, siel en liggaam nie. Dit is woorde waarmee die mens van verskillende kante af beskryf word – van sy uiterlike liggaam, sy innerlike (Jou opmerking: Sy siel behels die mens se wil, intellek en emosies), wat as gees of siel of albei as sinonieme gebruik kan word.
Wat word van die siel by sodanige afsterwe – siel, as sinoniem vir gees word bv. in Openb 20:4 gebruik vir die gelowiges wat aan Christus getrou gebly het en solank op trone gaan sit het om as regters op te tree.
Hoe steek die drie dimensie inmekaar, asb. –
Die gees (pneuma) is die mens se nie-materiële vermoë, wat sensitief kan wees vir God en op God kan reageer in teenstelling met die sarks vleis, liggaam, swak of sondige van die mens, vgl. Hand 17:16 Paulus word verontwaardig (letterlik: sy gees in hom het ontsteld geword) oor die baie afgodsbeelde in Atene; 1 Kor 2:11 watter mens ken die verborge dinge van ‘n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is?
Die siel verwys na die mens se lewe, sy innerlike, gevoel, wil, verstand, emosies as sy persoon. Dit is aspekte van sy gees (pneuma), van die persoon, die ‘ek’, wat ook ‘n sinoniem van ‘gees’ kan wees.
Die liggaam verwys na die mens se uiterlike verskyning, wat nie sonder sy gees /siel gedink kan word nie, en sy gees/siel kan ook nie sonder sy liggaam gedink word nie. Met die liggaam pleeg ons gees/siel sonde, vgl. Rom 6:13a Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ‘n werktuig om goddeloosheid te bedryf nie. Met die liggaam van ons gees/siel dien ons die Here, Rom 6:13b En stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil.. In Rom 12:1 doen Paulus ‘n beroep op die gelowiges om hulleself (letterlik: julle liggame) aan God te gee as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike (Ou vertaling: julle redelike godsdiens) van die godsdiens wat julle moet beoefen.
Skrywer: Prof Francois Malan
Alma vra: Antwoord Ware gebed is vir ons moontlik gemaak deur Jesus Christus. Die verhouding tussen ons en God is reggemaak deur sy offer aan die kruis vir die sonde van die wêreld (vgl. Joh 1:29 Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!). Elkeen wat glo dat Jesus God is (Joh 1:1-3), dat Hy self die straf op ons sonde gedra het, ontvang die voorreg om kind van God te wees (vgl. Joh 1:12 Aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word). In ons gesprek met ons hemelse Vader moet ons eers luister na wat Hy vir ons wil sê. Sy woord vind ons veral in die Bybel. Daarom is dit noodsaaklik dat ons daagliks die Bybel lees. Nie net dieselfde tekste of gedeeltes oor en oor nie, maar hele boeke in die Bybel, waarvan ons elke dag ‘n stukkie lees, en daaroor nadink oor wat die Here daardeur vir my wil sê. En dan antwoord ek daarop deur met my Vader in gebed te praat. ons oortredings van sy wil, soos ons dit in die Bybel vind, saamgevat in die liefdesgebod (Mat 22:37-40). Maar ons kan nie om vergifnis vra as ons nie mekaar van harte vergewe nie (vgl. Mat 6:14,15). En dan vra ons Hom ook om ons teen versoekings te bewaar (vgl. hoe Jesus in die woestyn versoek is en hoe Hy daarop gereageer het met die Woord van die Here; Mat 4:3-11); en ons vra dat Hy ons van die bose sal verlos, ook van ons eie bose gedagtes en begeertes. Ons gebed bestaan uit aanbidding en lofprysing van God (die psalms is vol daarvan). Gebed dit is die vernaamste deel van ons dankbaarheid teenoor ons Vader. Gebed is ook voorbidding vir ander mense, wie se nood en behoeftes ons na ons Vader toe bring. Jesus sê ons moet selfs ons vyande liefhê en bid vir dié wat ons vervolg – so sal ons soos as kinders van ons hemelse Vader optree (Mat 5:47-48). Skrywer: Prof Francois MalanGebed-Vraag
Gebed – Francois Malan