Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Die antichris – Francois Malan
‘n Leser vra:
Ek verneem graag,as die antichris eendag kom, in watter taal gaan hy met ons kommunikeer. Daar is baie verskillende volke en nasies, dialekte. Hoe gaan hy met almal kommunikeer? Is daar iewers in die Bybel enige bewyse in watter taal gaan hy met ons kommunikeer?
Siel – Francois Malan
Jan vra:
Gen 2: 7 sê: En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens ‘n lewende SIEL geword. Mens saamgestel uit gees, siel en liggaam. Wanneer die wedergebore mens sterf gaan sy gees na God toe en sy liggaam word stof waaruit dit geneem is. Sy siel behels die mens se wil, intellek en emosies. Wat word van die siel by sodanige afsterwe. Die algemene uitdrukking ” Die Here het my siel gered” het vermoedelik betrekking op ‘n skrif soos 1 Petrus 1: 9: “en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele..”. Hoe steek die drie dimensie inmekaar, asb.
Gebed – Francois Malan
Alma vra:
Ek het weer ‘n vraag of liewer hulp nodig. Ek hanteer die Gr 11 groep by ons kerk en moet by die komende kamp met hulle praat oor GEBED. Het julle dalk vir my ‘n paar aanknopingspunte, riglyne, hulp of enige inligting wat ek kan gebruik?
Verslawing (2) – Francois Malan
Liza vra:
Dit is opmerklik dat drank as verslawing die botoon voer in die Bybelse tyd. Moet ons dan aanneem dat die ander verslawings wat nou met ons is, nuwe tydse verslawings is waarvan hulle daardie tyd nie geweet het nie?
Ons wil egter aan die vergadering die positiewe kant ook wys: dat daar in die Bybel baie “dinge / gewoontes / Kenmerke ” is waaraan ‘n mens MAG verslaaf raak. Amper om iets in die plek van die slegte gewoonte te plaas (dit met ‘n positiewe te vervang).
Waaraan volgens die Bybel Mag ons verslaaf raak?