Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Hoekom is daar nog so baie sonde? – Francois Malan
Pieter vra:
Indien al die mense en hulle sondes op die aarde vernietig was met die sondvloed, behalwe die 8 mense op die Ark, hoekom is daar dan nog so baie sonde op die aarde vandag? Of is dit die sondige natuur van die mense wat saam met die 8 gekom het? En ons as mens maar net eenvoudig te goed in onsself is om te luister?
Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan? – Kobus Kok
Yvonne vra:
Ek wil net weet of dit moonlik is om te verduidelik hoe die Drie eenheid van God verstaan moet word of hoe dit werk.
Vloeke – Francois Malan
Martin vra:
Ons vraag handel oor bloedlyn vloeke: 1) Waar in die Bybel word daarna verwys 2) Hoe word dit verbreek en is dit Bybels 3) Het Jesus of sy dissipels bloedlyn vloeke gebreek?
Ek hoor stemme – Kobus Kok
Amelda vra:
Ek wil baie graag weet: ek word tussen 2 en 4 in die oggend wakker maar met ‘n rustige gevoel. Ek weet dis die Heilige Gees wat my wil laat bid en met Hom praat. Daar is nou paar keer wat ek wakker word, dit voel of iemand hard maar verseker my naam noem. AMELDA!!! Ek het nou al wakker geword en gedink my man roep my maar dan lê hy en slaap. Is dit die Here wat my roep?