Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Die einde met vuur – Francois Malan
Jan Smith vra:
[Hierdie is ’n opvolgvraag]
Is dit die bedoeling dat die huidige aarde en hemele met vuur sal vergaan soos wat Petrus aandui? In 11 Petrus 3: 12 en 13 is daar vermelding van “julle” wat die koms van die dag van die Here verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt maar “ons” verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. Saamgelees met vers 7: Maar die teenswoordige hemele en die aarde is deur dieselfde woord as skat weggelê en word vir die vuur bewaar teen die dag van die oordeel en die verderf (destruction) van die goddelose mense.
Die Einde – Francois Malan
Jan Smith vra:
Mattheus 24:14 eindig met “en dan sal einde kom”. Watter “einde” word hier bedoel met in ag neming van die vernietiging van Jerusalem en die tempel 70nC saamgelees met vers 34 wat sê: “Voorwaar Ek sê vir julle hierdie geslag (40 jr?) sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur nie”.
Die Vastyd (Lent) – Coen Slabber
Ons hoor dikwels dat mense praat oor Lent. Lent het op Aswoensdag (22 Februarie) begin. Gereformeerdes het nog nooit die kerkjaar so noukeurig gevolg soos die Rooms-Katolieke en Anglikaanse Kerke nie. Meeste van ons het net so ‘n vae idee oor wat Lent is.
Die aarde brand – Francois Malan
Jan Smith vra:
Psalm 37 verse 9, 11 en 29 sê dié wat die Here verwag, die ootmoediges, die regverdiges sal die aarde besit. Jesus sê in Matteus 5 :2 aan die wat arm is, behoort die koninkryk van die hemele en die sagmoediges sal die aarde beërwe. Petrus sê: 2 Petrus 3;7 en 10: Die teenswoordige hemele en aarde word weggelê om deur vuur verbrand te word en die hemele sal met ‘n gedruis verbygaan en die elemente sal brand en vergaan en die aarde met al die werke daarop. Vraag: Hoe moet mens dit vertolk asseblief?