Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Johannes die Doper – Coen Slabber
Die evangelie volgens Lukas is ons enigste bron oor die geboorte en kinderjare van Johannes. Hy is gebore in die bergstreek van Juda (Lukas 1:39). Sy vader was ‘n priester (Sagaria) en sy moeder was Elisabet, ‘n afstammeling van Aäron. Beide ouers was getrou aan die wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou (1:6). Sy geboorte word deur ‘n engel in die tempel aan Sagaria aangekondig. Vir Elisabet, wat onvrugbaar was, was dit die antwoord op haar gebede. Die engel sê ook vir Sagaria dat hy die seuntjie Johannes moes noem. Reeds voor sy geboorte kondig die engel aan dat hy ‘n volk vir die Here sal voorberei (1:17). Elisabet word as ‘n bloedverwant van Maria beskryf (1:36).
Die Joodse Raad – Coen Slabber
Die Joodse Raad
[Hierdie Raad staan ook as die Sanhedrin bekend. Dit is afgelei van die Grieks sun = saam + hedra = sitplek.]
Die Joodse Raad was die Joodse geregshof in Jerusalem oor godsdienstige sake en het uit 71 lede bestaan. Veral in die lydensverhale lees ons baie van hierdie Raad, want dit was die liggaam wat Jesus verhoor het. In Handelinge was dit die hof wat die groeiende Christelike kerk ondersoek en vervolg het.
Waar om te begin met Bybelstudie? – Kobus Kok
Yvonne vra:
Ek wil graag Bybelstudie begin met die evangelies. Waar kan ek betroubare bronne kry?
Word lidmate geïgnoreer (3) – Francois Malan
Nico vra:
Prof Malan,
Mat 18 se skrifverwysings het geen relevansie op my vrae oor die leraars se versuime nie ?
Ek bekla my oor kerkleiers – herders wat hulle plig versuim – nie broeders en/of susters wat onderlinge geskille en probleme het nie. Die leraars is (ex officio = in hul amptelik betaalde hoedanigheid) herders van die skape wie hulle veronderstel is om te lei en nie om as herders gelei te word nie.