Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Konflikbestuur – Kobus Kok
Nico vra:
Ek soek raad uit God se woord om mense te help wat hul grootword proses en hul ouerhuise en opvoeding bly kritiseer asook die tekortkominge bly uitwys? Tog op ‘n punt is elk van ons verantwoordelik vir ons eie dade en sal verwyte ons grootword proses verder verhinder, dan nie??
Is goeie werke verpligtend vir redding? Kobus Kok
‘n Leser vra:
Kinders van God by die laaste oordeel. a) Sal gereddes by die laaste oordeel verantwoording moet doen vir hulle verkeerde dade en woorde alhoewel hulle nie veroordeel sal word nie? (Openbaring 20:12 +15) b)Na aanleiding van 1 Petrus 4:17 + 18: Word gereddes hier op aarde getugtig en gestraf vir verkeerde dade ens sodat hulle nie by die oordeelsdag saam met die wêreld veroordeel word nie?
Word Lidmate geïgnoreer? (2) – Francois Malan
‘n Paar dae gelede het Prof Malan ‘n leser se vraag oor of lidmate geïgnoreer word geantwoord. Hierdie leser het nou verdere vrae:
Baie dankie dat u die moeite gedoen het om my te antwoord. Om eerlik te wees, na wat my ondervinding die afgelope drie jaar was om ‘n Christenlewe te probeer ly en hoe ek die leiers van my kerk ervaar het, was ek in vertwyfeling dat ek weer geïgnoreer sal word. So, ek waardeer dus u reaksie, moeite en tyd wat u bereid is om aan my af te staan en vertrou dat u of wie ook al, by my sal bly om my vrae en versugtinge behoorlik aan te spreek.
Rook – Kobus Kok en Coen Slabber
‘n Leser vra:
Ek wil graag uitvind. Ek is 29 Jaar oud en rook vandat ek 14 jaar oud was. Ek het 2 pragtige kinders, maar kry deesdae die gevoel dat ek moet ophou rook om eendag my kinders se troue te sien en kleinkinders ens. Ek is oortuig daarvan dat dit die Heilige Gees is wat met my praat. Hoe ek probeer ophou rook het, is dat daar ‘n man was wat baie gerook het. Elke keer as hy aan ‘n sigaret gevat het, het hy gesê: “Duiwel ek gaan nie weer rook tot die volgende sigaret,” maar het al hoe minder gerook tot hy heeltemal opgehou het.