Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Pornografie – Vraag – Jan van der Watt
Chris vra:
Ek wil weet wat behels pornografie. As n mens op ‘n dateline gesels en kaal fotos word rondgestuur is dit pornografie of as n mens seks praat(dirty talk) kan dit ook beskou word as pornografie?
Wanneer kom Israel tot bekering? – Francois Malan
Martin vra:
Ons wil graag weet wanneer en waar Israel tot bekering sal kom.
Die Onderskeiding tussen ‘n Bybelwetenskaplike en teologiese navorser – Kobus Kok
Jan Smith vra:
Is dit miskien moontlik dat iemand vir ons die verskil kan aantoon van hoe “bybelwetenskaplikes” te werk gaan teenoor die teologiese navorser. Eersgenoemde plunder die Bybel dat daar omtrent niks oorbly nie terwyl laasgenoemde net die teenoorgestelde resultaat lewer.
Wedergeboorte – Francois Malan
‘n Leser vra:
Die Woord leer ons dat die enigste weg Christus is, dat jy jou moet bekeer en in Joh 3 sê Jesus vir Nikodemus dat hy weergebore moet word om die ewige lewe te beërwe. Wat gebeur met `n baba wat te sterwe hom en nog nie rasioneel kan dink nie, want daar staan ook dat ons in sonde gebore en ontvang is. Ek weet God is regverdig, ens en dat daar in Joh 8 verwys word na mense wat nie weet nie, maar as die vereiste vir die ewige lewe wedergeboorte is, hoe nou. Indien `n baba/kind dan hemel toe gaan omdat hy nie toerekenings vatbaar is nie, van watter ouderdom is hy/sy dan toerekenings vatbaar. Ek weet van kinders wat op 6-7jarige ouderdom tot bekering gekom het.