Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake

image_pdfimage_print

Sonde: Die Stryd Teen Stukkende Verhoudings

Sonde: Die Stryd Teen Stukkende Verhoudings – Stephan Joubert

Sonde is ʼn vyfletter-woord

Sonde is een van die mees gebruikte woorde in die gemiddelde kerkmens se woordeskat. Meer as ander woorde in ons kerklike taal-arsenaal vat hierdie een woord alles saam wat sleg en boos is. Sonde is dié neutedop-term vir verkeerde dinge.

Die nommer 666

Die nommer 666 – Jan van der Watt

Christiaan vra:

The Number of the Beast is a concept from the Book of Revelation of the New Testament of the Christian Bible, relating somehow to the figure of “The Beast”.

Hoekom is Jesus nie herken nie? – Opvolg

Hoekom is Jesus nie herken nie? – Opvolg – Jan van der Watt

Erika vra:

Ek het die vraag gevra hoekom Jesus nie herken is na Sy opstanding nie en verskil van die antwoord wat u gee. In u antwoord beweer u dat Johannes 20 daarop dui dat Jesus herkenbaar was, maar dis dan juis Johannes 20 wat vertel van Maria Magdalena wat Jesus vir ʼn tuinwerker aangesien het! Sy smeek Jesus om haar te wys wat van haar Meester se liggaam geword het.

Herodes

Herodes – Jan van der Watt

Christiaan vra:

Matteus 2:13: Nadat hulle vertrek het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”

Matteus 2:19: Na die dood van Herodes verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef in Egipte.

Matteus 4:12: Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan.

Wat ek wil weet, is hoe kan Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het as hy in Matteus 2:19 dood is en Jesus hoor in Matteus 4:12 dat Johannes in die tronk laat opsluit is deur Herodes ?

image_pdfimage_print