Israel
Israel – Jan van der Watt
Jan Smith vra:
In Matteus 15: 24 sê Jesus: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel. Hierna kom die Kanaänitiese vrou en vra dat Hy die duiwel uit haar dogter verdryf. Dan sê Hy: dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie. Sê sy: Die hondjies eet reeds die krummels wat gemors word. In Matteus 10 stuur Jesus sy dissipels op ‘n sending, vers 5: Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie; vers 6 maar gaan liewer na die verlore skape van Israel. Johannes 10: 16: Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder. VRAAG: Hoekom sê Jesus vir die vrou so, wie is die heidene hier en wie is die ander skape wat vermeld word, asb? Was dit net die stamme van Juda en Benjamin wat op daardie tydstip as die huis van Israel betrokke was? Baie dankie.