Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Uitverkiesing en genade: ‘n onverklaarbare hoop – Fanie Rudolph
1. Inleiding:
Die uitverkiesing kan problematies wees vir party mense. Dit neem skynbaar verlossing uit ons hande. Die wonderlike van uitverkiesing is dat dit verlossing in die Hande van God plaas. Uitverkiesing maak dat verlossing genade is, want ons is afhanklik van God daarvoor. Waar kan ons ‘n veiliger plek kry om te wees as die Hand van God?
Is God ‘n oneerlike bestuurder? (Lukas 16:1-13) – Fanie Rudolph
1. Inleiding:
Met die eerste lees van hierdie gelykenis lyk dit asof Jesus ten gunste is van die oneerlike optrede van hierdie bestuurder. As ‘n mens vinnig deurlees, wil dit selfs voorkom asof Jesus mense aanmoedig om so met geld om te gaan. Kan dit regtig die geval wees, veral in ‘n boek waar rykdom en uitbuitery sterk veroordeel word?
Jesus se modelgebed – Fanie Rudolph
1. Inleiding:
Toe Jesus se dissipels Hom vra om hulle te leer bid, gee Hy vir hulle die Ons Vader as model. Wat maak hierdie gebed so besonders dat Jesus juis dit as model voorhou?
Satan se mag en majesteit – Jan van der Watt
Henk Geyer vra:
Ek wil graag weet In Lukas 4:6 waar die Here deur die satan versoek word. Ek wil weet wie het hierdie Mag en Majesteit aan hom gegee?