Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
God regeer en God red – die sentrale boodskap van Openbaring 4 en 5 – Fanie Rudolph
Inleiding:
Openbaring 4 en 5 is ‘n sentrale gedeelte in die Boek Openbaring. Die boodskap van hierdie kernhoofstukke bepaal die oorkoepelende boodskap na vorentoe en agtertoe in Openbaring. Die kern van hierdie hoofstukke is: die God wat skep, is die God wat regeer, is die God wat red, is die God wat die geskiedenis beheer.
Die kern van die evangelie in Openbaring 12:7-12 – Fanie Rudolph
Inleiding:
Openbaring 12:7-12 skets ‘n mitologiese oorlog in die hemel. Die uitslag van hierdie oorlog bevestig dat God steeds Alleenheerser in die hemel is. Satan is uit die hemel uitgegooi. Alhoewel Migael die oorlog veg en die Satan verslaan, word hy nie as oorwinnaar erken nie. Die oorwinning word toegeken aan die Lam van God, i.e. Jesus Christus.
God is met ons – Matteus se evangelie in een sin – Fanie Rudolph
Inleiding:
Matteus skryf sy evangelie aan oorwegend Joodse lesers. Hy doen baie moeite om Jesus as die verwagte Messias uit te wys, spesifiek met behulp van aanhalings uit die Ou Testament. Sy uitstaande aanhaling is egter die een in Matteus 1:23 : “Die maagd sal swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem.” Hiermee bevestig Matteus dat die koninkryk van God gekom het – in die persoon van Jesus Christus self.
Is jy arm van Gees? – Dr Kobus Kok
In Matteus 5-7 vind ons die sogenaamde Bergrede van Jesus. Hier leer Jesus die skare, en deel hy met hulle belangrike konsepte en geestelike waarhede rondom die koninkryk.
In die Afrikaanse Nuwe Vertaling van Matteus 5:3 lees ons die volgende: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
In die Ou Vertaling lees ons dit so effens anders: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.”