Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
Vreemde Vrouens in Jesus se gelagsregister volgens Matteus
Indien mens in ons tyd wil wys hoe belangrik iemand is, of as jy aansoek doen vir werk, sal jy jou CV voorlê. In jou CV vertel jy van al jou ervaringe, jou kwalifikasies, jou prestasies, ens. In die Bybelse tyd het mense hulle belangrikheid aangetoon deur middel van hulle geslagsregister.
Die Hofsaak en Jesus se Opstanding
Daar word dikwels gewonder of Jesus werklik opgestaan het. Op DSTV word veral rondom paastyd programme gebeeldsaai waar twyfel gesaai word oor die Godheid van Jesus. Daar is onder andere beweer dat in die jare 1980’s ʼn argeoloog toevallig op ʼn reeks grafte afgekom het wat die familie van Jesus s’n was. Dan word van die kiste waarin die oorskot van die oorledenes in was, gewys. Op van hierdie kiste staan onder andere in Hebreeus en Grieks “Jesus seun van Josef” en “Maria”. Hieruit word die afleiding gemaak dat Jesus en sy familie daarin begrawe is.
Jesus as die Lam van God in Openbaring
Inleiding:
Jesus word regdeur Openbaring met verskillende name aangespreek (byna 30 name of titels!). Die Naam wat egter die meeste gebruik word, is Lam van God (28 keer!). Hierdie Naam gelaai met simboliek aangaande die persoon van Jesus.
DIE WYSE MANNE
Die beskrywing van die Wyse Manne vind ons net in die Matteus-evangelie. Ons weet nie veel van hulle nie, behalwe dat hulle waarskynlik uit Persië gekom het. Hulle was die destydse sterrekundiges, maar het ook die toekoms probeer voorspel aan die hand van die sterre. Hulle het baie invloed gehad in die koninklike hof in Persië. Matteus teken hulle in ‘n positiewe lig en gebruik hulle om Jesus se koningskap te belig.