Category: Algemene Artikels – Bybelse Temas en Sake
God kom wys vir ons wie Hy is en wat ons moet glo (Openbaring)
Niemand het God nog ooit gesien nie. Die Bybel sê n’ mens sal sowaar dood neerslaan as jy God sommer so sal sien. God is net te groot en heilig.
Ons sal uiteindelik voor die Regter van die heelal moet gaan staan (Oordeel)
As die Here weer gaan kom, gaan daar eers ʼn finale “hofsaak” wees met God as die Regter. By die finale oordeel of hofsaak gaan God as Regter, aandui wie vir ewig by Hom mag wees en wie nie, ja, wie gered is en wie nie (Openbaring 21:11-15; Matteus 25:31-46).
Om nooit weer dood te gaan nie (Onsterflikheid)
G’n mens is onsterflik nie, al wil party dit so graag wees. Deur die eeue het baie mense probeer om onsterflik te wees – party het groot grafkelders met reuse grafstene gebou met die hoop dat mense hulle nooit sal vergeet nie, maar tog is hulle gou vergeet; ander het hulleself weer gode laat verklaar met die hoop dat dit hulle sal help om vir altyd daar te wees. Ook dit het nie veel gehelp nie. Dan is daar dié wat jou wil vertel dat al gaan hulle dood, hulle nog by jou gaan kom spook, want hulle gaan aanhou leef… Dit kan nie wees nie, want ons is nie onsterflik hier op aarde nie.
Die wonderlikste dinge wag vir ons in die hemel (die Nuwe Jerusalem)
Baie keer as mense praat van wat vir ons wag as die Here weer terugkom en ons kom haal, dan praat hulle van die Nuwe Jerusalem. Dit is natuurlik ʼn beeld wat ons in Openbaring 21 kry. Daar word vertel dat na die laaste oordeel God by en tussen sy mense sal kom bly. Dit is wat die hemel eintlik gaan wees: God wat direk saam met elkeen van ons gaan wees.