Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Proseliet
Proseliet
‘n Proseliet is ‘n bekeerling, maar die woord word meestal in ‘n negatiewe sin gebruik as mense op onregmatige manier ander na hulle geloof probeer oorhaal. (*Sending)
Die Groot Geloofswoordeboek: Profesie/Profeet/Vervulling van profesieë/beloftes
Profesie/Profeet • Vervulling van profesieë/beloftes
Profesie/Profeet
Ou Testament
Daar is ‘n algemene misverstand oor wat die eintlike taak van ‘n profeet in die Ou Testament was. ‘n Profeet het nie in die eerste plek profesieë uitgespreek oor wat in die toekoms sou gebeur nie. Die hoofsaak van die profeet se taak was om te sê wat die wil van God daar en dan was.
Die Groot Geloofswoordeboek: Postmodernisme
Postmodernisme
Postmodernisme is die versamelnaam van ‘n aantal strominge in die Westerse wêreld sedert die laaste kwart van die vorige eeu. Dit is ‘n reaksie teen die sekerhede van die *Modernisme wat oortuig was dat net dit wat gemeet en geweeg en bewys kan word, geldig en waar is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pinksterkerke/Charismatiese Kerke
Pinksterkerke • Charismatiese kerke
Alhoewel hierdie twee groepe kerke baie in gemeen het, is daar ook duidelike verskille. Die eerste verskil is die tyd van ontstaan. “Pinkster” (soos die Pinksterkerke soms genoem word) het teen die begin van die vorige eeu in Amerika ontstaan, terwyl die Charismatiese beweging ‘n halfeeu later, in die laat 1950’s begin het.