Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Piëtisme
Piëtisme
Die Piëtisme het in Duitsland in die *Lutherse Kerk ontstaan aan die begin van die agtiende eeu. Hulle het persoonlike bekering en ‘n lewe in heiligheid en toewyding beklemtoon teenoor die bloot formele aanvaarding van die leer van die kerk wat hulle as dooie ortodoksie bestempel het.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pentateug/Heksateug
Pentateug • Heksateug
Die Pentateug is die eerste vyf boeke van die Bybel (Grieks: pente, wat vyf beteken) wat ook bekend staan as die wet (die Torah) of die vyf boeke van Moses. Tot in die tyd van Jesus was daar groepe soos die Sadduseërs wat net hierdie boeke as gesaghebbend erken het. Dit is die rede waarom die *Sadduseërs, anders as byvoorbeeld die *Fariseërs, nie geglo het daar sal ‘n opstanding wees nie. Daar staan niks van ‘n opstanding in die Pentateug nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pelagius/ Pelagianisme
Pelagius • Pelagianisme
Pelagius is teen die helfte van die vierde eeu in Brittanje gebore. Hy was eintlik ‘n regsgeleerde, maar het nie sy beroep beoefen nie. Hy was ‘n baie ernstige Christen wat mense dringend tot bekering opgeroep het. Hy het nie die kerklike leer oor die *erfsonde aanvaar nie, maar geglo dat mense vandag nog net soos Adam gebore word, en nie onder die sonde van Adam ly nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Pastorale Briewe
Pastorale Briewe
1 en 2 Timoteus en Titus word die Pastorale Briewe genoem omdat dit soveel pastorale raad aan Timoteus en Titus gee oor hulle bediening in die gemeente.