Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Israel
Israel
Israel is die volk wat die Here uitverkies het om sy volk te wees. Hy sal hulle God wees wat vir hulle sorg, en hulle sy volk wat Hom dien. (*Verbond) Maar daar is misverstande moontlik. Israel was nie ‘n bestaande volk wat deur die Here gekies is en wat Hy sy volk gemaak het nie. Daar was glad nie so ‘n volk nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Inkarnasie
Inkarnasie
Dit kom van die Latynse woorde (in carnis) wat “in die vlees” beteken. Dit word gebruik vir Jesus. Die gedagte is dat Hy voor sy geboorte alreeds bestaan het as die ewige Seun van God, en toe ‘n mens geword het (“in die vlees gekom het”) deur uit Maria gebore te word. Hy is “geïnkarneer”.
Die Groot Geloofswoordeboek: Hoop
Hoop
- Algemene hoop Christelike hoop
Daar is ‘n groot verskil tussen algemene hoop en Christelike hoop.
Die Groot Geloofswoordeboek: Historiese Jesus
Uit die Duitse teologie kry ons die teenstelling: die historiese Jesus en die verkondigde Christus. Onder “die historiese Jesus” is bedoel Jesus soos Hy regtig was en geleef het, terwyl onder “die verkondigde Christus” bedoel is die boodskap wat die vroeë Christene oor Hom verkondig het.