Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Goeie werke
Die groot vraag is wat die waarde van goeie werke is. Tydens die Kerkhervorming (*Hervorming) was dit ‘n belangrike verskil. Volgens die Kerkhervormers het die Katolieke Kerk geleer dat ‘n mens deur jou goeie werke ‘n bydrae lewer om gered te word. Dit sou dan beteken dat Christus nie regtig aan die kruis genoeg gedoen het nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Godsdiensgelykheid
Godsdiensgelykheid
Godsdiensgelykheid is nie so ‘n maklike saak nie. Dit lê heeltemal op ‘n ander vlak as *godsdiensvryheid. Om te verstaan wat godsdiensgelykheid beteken, is dit goed om te onderskei tussen die rol van die staat en dié van die godsdiens self.
Ewige lewe – Adrio König
(*Onsterflikheid)
Die begrip “die ewige lewe” kom net ’n paar keer in die *Sinoptiese Evangelies voor (net vier keer in Matteus) maar 28 keer in die Evangelie en die Briewe van Johannes.
Gnostiek – Adrio König
[Hierdie gedeelte moet saam met die Evangelie van Tomas geskryf word.]
Dit beteken die Evangelie is so geskryf dat ’n mens dit nie moet verstaan nie. Die veronderstelling is dat ’n mens van elders insig of inligting moet kry om dit te begryp.