Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Vervulling met die Gees
Vervulling met die Gees • In Christus • Algehele oorgawe • Tweede genadewerk
(*Doop met die Heilige Gees)
Ons lees omtrent ses keer van die vervulling met die Heilige Gees. Dit staan teenoor die *doop met die Heilige Gees wat na die Pinkstergebeure verwys en onherhaalbaar is. Die vervulling met die Gees is duidelik herhaalbaar en selfs ‘n staande opdrag aan die gemeente (Hand 2:4; 4:8, 31; 9:17; 13:9; Ef 5:18).
Die Groot Geloofswoordeboek: Vertalings van die Bybel
Vertaling(-s) van die Bybel • Statevertaling • King James-vertaling • Textus Receptus • Tekskritiek • 1953-vertaling • 1983-vertaling • Parafrase
Ou Vertalings
Vertalings van die Bybel is byna so oud soos die Bybel self. Die feit dat daar van so vroeg af vertalings gemaak is, getuig ook van die feit dat die Bybel vir alle mense bedoel is. Dis nie ‘n groepsboek vir ‘n groepsgodsdiens nie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Universalisme
Universalisme
Universalisme is die oortuiging dat alle mense gered sal word. Sommige meen selfs dat alle engele en bose magte ook gered sal word. Daar kan wel ‘n verderf wees (*Hel), maar dit sal net tydelik wees, amper iets soos die Katolieke se geloof oor die *vaevuur. Hulle beroep hulle daarvoor op ‘n aantal dinge.
Die Groot Geloofswoordeboek: Uitverkiesing
Uitverkiesing • Verwerping
(*Voorsienigheid, *TULIP)
Daar is ‘n paar leerstukke van die Christelike geloof wat al lank besondere probleme oplewer. Dink maar aan die *Drie-eenheid, die *tussentoestand, die *voorsienigheid, die uitverkiesing en die *hel. ‘n Bepaalde vorm van die uitverkiesingsleer is stuksgewys onder *TULIP behandel en afgewys.