Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Verhouding Ou en Nuwe Testament
Verhouding Ou Testament-Nuwe Testament
Tradisionele formules
Tradisioneel word minstens drie skemas gebruik om die verhouding tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament te verduidelik: óf dié van belofte en vervulling, óf dié van ou verbond en nuwe verbond, óf dié van wet en evangelie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Vergifnis
Vergifnis
- God se vergifnis Ons vergifnis
Die vergifnis van sonde is een van die juwele in die evangelie. Daar is mense wat meen dit is een van die diepste verskille tussen die evangelie en Islam. Albei het duidelike wette en eise, maar daar is min sprake van liefde, genade en vergifnis in Islam.
Die Groot Geloofswoordeboek: Verbond
Verbond
(*Sonde en genade)
- Abrahamverbond Die ou verbond en die nuwe verbond Verbondshoof Verbondskinders
‘n Mens kan die hele evangelie in terme van die verbond verstaan. Dit loop soos ‘n goue draad deur die hele Bybel. Maar ‘n mens moet ook verduidelik wat jy onder “die verbond” verstaan.
Die Groot Geloofswoordeboek: Vaevuur
Vaevuur
Die *Katolieke Kerk leer dat daar ‘n vaevuur (purgatory) is waar die siel die finale reiniging kry voordat dit voor God kan staan en Hom van aangesig tot aangesig sien. Hulle is oortuig dat geen mens volmaak en sonder enige sonde sterf nie, en dat elkeen dus nog ‘n finale reiniging nodig het.