Category: Die Groot Geloofswoordeboek ( Boek )
Die Groot Geloofswoordeboek: Urim en Tummim
Urim • Tummim
Ons weet baie min van hierdie twee vreemde klein voorwerpe wat in die borssak van die hoëpriester was (Lev 8:8). Hy het dit gebruik as een van die maniere om die wil van die Here te verneem.
Die Groot Geloofswoordeboek: Die Sinoptiese probleem
Sinoptiese probleem
Daar is baie opvallende verskille tussen die vier Evangelies. Omdat die eerste drie die *Sinoptiese Evangelies (die Sinoptici) genoem word, dus die Evangelies wat groot ooreenstemming toon, is die verskille tussen hierdie Evangelies nog opvallender. Daar is teoloë wat dit gebruik om die vertroue wat Christene in die Bybel het, te probeer ondermyn. (*”Nuwe Hervorming”)
Die Groot Geloofswoordeboek: Skepping; Skepping uit niks; Adam en Eva; Evolusie
Skepping • Skepping uit niks • Adam en Eva • Evolusie
Baie Christene is oortuig dat hulle eenvoudig moet kies tussen skepping of evolusie. As hulle getrou wil wees aan die Bybel, aanvaar hulle dat God alles in ses dae uit niks gemaak het, en verwerp evolusie. Dit is egter ‘n oorvereenvoudiging van die probleem. Ons sal eers duidelikheid moet kry oor wat ons met skepping bedoel, en wat met evolusie.
Die Groot Geloofswoordeboek: Sondeval
Sondeval
In die geskiedenis van die teologie is baie gemaak van die sondeval. Dit hou verband met die groot rol wat die eerste paar hoofstukke van Genesis in die algemeen in die teologie en in gewone Christene se denke speel. Veral uit Genesis 3 word vreeslik baie afgelei oor die sonde. Dit word die “sondeval” genoem met die betekenis dat Adam en Eva se sonde nie van verbygaande aard was nie, maar hulleself en die hele mensdom saam met hulle skuldig gemaak het voor God. (*Erfsonde) Die hele Ou Testament en Nuwe Testament word dan in die lig van hierdie sondeval verstaan.