Category: Leef uit jou Doop ( Boek )
Leef uit jou Doop: 5.2 Moet ons Jesus deur die water volg? – Adrio König
5.2 Moet ons Jesus deur die water volg?
Moet ons Jesus regtig deur die water volg? Kan ons Jesus regtig deur die water volg? Is Hy ook in sy doop ’n voorbeeld vir ons? Kom ons kyk wat ons oor sy doop in die Nuwe Testament kry.
Leef uit jou Doop: 5.1 Kinderdoop: Vooraf opmerkings – Adrio König
5.1 Vooraf opmerkings
Terwyl daar groot groepe Christene is wat die kinderdoop verwerp, is daar ook groot groepe wat dit saam met die grootdoop aanvaar. Dit sal egter gou duidelik word dat dit baie moeiliker is om die kinderdoop te verduidelik as om dit te verwerp. Dit sal ’n veel langer hoofstuk word. Dit op sigself kan sommige mense al laat voel dis klaar ’n duidelike teken dat die kinderdoop ’n verlore saak is.
Leef uit jou Doop: 4.6 Besprinkeling is nie regtig doop nie – Adrio König
4.6 Besprinkeling is nie regtig doop nie
Hier gaan dit oor die metode van doop. Maar die meeste Christene wat die kinderdoop verwerp, is oortuig die metode het alles met die betekenis te doen. En besprinkeling is heeltemal onaanvaarbaar.
Leef uit jou Doop: 4.5 Geen verband tussen doop en besnydenis – Adrio König
4.5 Geen verband tussen doop en besnydenis
Mense wat die kinderdoop aanvaar, lê gewoonlik baie klem op die verband tussen doop en besnydenis. ’n Mens hoor dikwels: “Die doop het in die plek van die besnydenis gekom.” Dié wat die kinderdoop verwerp, stem glad nie hiermee saam nie. Daar is ’n baie algemene oortuiging dat die verbond met Abraham die ou verbond is en dat die Skrif duidelik daaroor is dat die ou verbond deur die nuwe vervang is (Jer 31:31 ev), die verbond wat Jesus deur sy kruisdood ingestel/bevestig het.