Category: Leef uit jou Doop ( Boek )
Leef uit jou Doop: God Drie-enig is die Doper – Adrio König
2.7 God Drie-enig is die Doper
God aanvaar gesag oor ons lewe
Die doopformule self het hierdie wonderlike betekenis. En dis belangrik dat omtrent alle Christelike groepe hierdie formule presies net so gebruik soos Jesus dit gegee het: Doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
Leef uit jou Doop: Die Gees en die weergeboorte – Adrio König
2.6 Die Gees en die weergeboorte
Die verband tussen die Gees en die doop word nie beklemtoon in die Nuwe Testament nie. Uit die herhaalde voorbeelde in Handelinge kan ’n mens ook nie ’n vaste verhouding of volgorde aflei nie. Word mense eers gedoop, of ontvang hulle eers die Gees?
Leef uit jou Doop: Vergifnis en reiniging van sonde – Adrio König
2.5 Vergifnis en reiniging van sonde
Ons lees herhaaldelik dat ons deur die doop gereinig word van ons sonde, en Petrus verwys na die vergifnis van sonde deur die doop. Maar juis die presiese woorde wat hier geskryf is (“deur die doop gereinig”), lok baie sterk reaksie by sommige mense uit. Hulle sien hierin ’n bedreiging van die werk van God en van Christus. Dit is nie die doop wat ons reinig nie, word gesê, want net Christus kan ons deur sy bloed reinig (Barth).
Leef uit jou Doop: Inlywing in die verbond – Adrio König
2.4 Inlywing in die verbond
Naas die vereniging met Christus, het ons hier die betekenis wat die beste ontwikkel is. Ons sal in die volgende hoofstuk terugkom na die inlywing in die verbond wanneer ons kyk na die moontlike verband tussen die besnydenis en die doop.