Category: Alle Paaie lei na Jesus ( Boek )
Alle Paaie lei na Jesus: Die Benamings van God (3) – Adrio König
10.1.3 Jesus as Jahwe
Die eerste is die gebruik om uitsprake wat in die Ou Testament van Jahwe gegeld het, in die Nuwe op Jesus toe te pas. Dit is ’n algemene gebruik in die Nuwe Testament. Hier volg drie taamlik willekeurige voorbeelde.
Alle Paaie lei na Jesus: Die Benamings van God (2) – Adrio König
10.1.2 Die oorsprong en betekenis van die Eienaam Jahwe
Hierdie Naam vir God word op ’n dramatiese manier aan Moses in die woestyn bekend gemaak (Eks 3:14-15). Dit is interessant dat ons ’n bietjie later in Eksodus (6:2) uitdruklik lees dat die Here Hom nie vroeër onder hierdie naam aan die aartsvaders bekend gemaak het nie, maar wel onder die Naam El Shaddai. Dit klink na ’n vreemde opmerking omdat die aartsvaders al vrylik die Naam Jahwe (Here) gebruik het (Gen 15:8; 16:2). Dit staan trouens al oor en oor in Genesis 2.
Alle Paaie lei na Jesus: Die Benamings van God (1) – Adrio König
Hoofstuk 10
Die benamings van God
Ons moet van die begin af duidelik onderskei tussen twee groepe benamings. Die een is die Naam (eienaam) van God, en dit is Jahwe wat meestal as Here of HERE vertaal word. Dit is die enigste werklike Naam vir God in die sin van sy eienaam.
Alle Paaie lei na Jesus: Die uittog uit Egipte (11) – Adrio König
9.3.3 Jesus se eie uittog
Ons lees en hoor elke jaar die pragtige geboorteverhale van Jesus. Maar ons vergelyk hulle selde met mekaar. Selfs as ons preke daaroor hoor, is dit óf oor Matteus, óf oor Lukas se verhaal. Kom ons vergelyk hulle ’n keer en kyk waar kom ons uit.