Jakobus 2:1–4: Wat is die implikasies
Jakobus 2:1–4: Wat is die implikasies
Uit Jakobus 2:6 is dit duidelik dat hierdie onderskeid wat gemaak word, die arm man oneer aandoen.
Uit Jakobus 2:6 is dit duidelik dat hierdie onderskeid wat gemaak word, die arm man oneer aandoen.
Christene het ook in huise byeengekom, veral nadat verhoudings met die Jode in die sinagoges versuur het.
i) Is daar voetbanke in huise, want daar word pertinent na ‘n voetbank in die teks verwys? Daar was wel voetbanke in huise, veral in groter of ryker huise wat dikwels deur Christene gebruik is vir hulle byeenkomste.
Figuur 3
Figuur 2
ii) Waarna sou die “voetstoel” verwysing van die gasheer wees?
Die tweede opsie wat die arm man gebied word, is om onder by die gasheer se voetstoel te gaan sit. Hy word wel in die vertrek toegelaat en inderdaad naby die huisheer, maar moet op die grond – nie eers op die voetstoel nie – gaan sit. Terwyl die ryke gemaklik sit, word die arm man gedegradeer om op die grond in die sitkamer te gaan sit.
iii) Waar is die “daar” waar die arm man moes gaan staan?
Die “daar” waar die arm man moes gaan staan verwys na waar iemand moet gaan staan. Waar sou dit in ‘n huis moontlik wees. ‘n Mens moet veral in gedagte hou dat daar verskillende tipes huise was, maar een argitektoniese eienskap was baie algemeen. Feitlik alle huise was om ’n binneplein gebou wat as deel van die huis gesien is.
Die aaneenskakeling van die sitkamer met die binneplein kan in die meegaande illustrasie goed gesien word. Die plan van die huis wys ook hoe die kamers op die binneplein uitloop. Die binneplein is 2 gemerk en die sitkamer 1 – die twee kamers is in die boonste illustrasie uitgebeeld.
Figuur 43
“Trosbehuising”, waar verskeie families ’n kamer of kamers rondom ’n gemeenskaplike binneplein besit het, was tipies. Huise vir so 2-4 persone was omtrent so groot soos ’n hedendaagse motorhuis, terwyl die rykes heelwat groter huise gehad het, wat ook om ‘n binneplein gebou is. Soos uit figure 4-6 blyk, het die sitkamer gewoonlik op die binneplein uitgeloop. As jy in die binneplein staan sou jy kon sien en hoor wat in die sitkamer aangaan. Daar was nie onder normale omstandighede stoele of sitplekke in die binnehof nie.
Figuur 5 bevat ’n illustrasie van ’n “troshuis”. Daar kan duidelik gesien word hoe die verskillende kamers om die binneplein gebou is.
Figuur 54
3Die illustrasies kom uit Connolly en Dodge.
4 Die illustrasie kom uit Bühlmann (1994:55) en toon ’n huis uit “wooneiland II” in Kapernaum.
In Jakobus 2:2 word daar gesê dat die persone in julle sinagoge (in Grieks – die Afrikaans vertaal dit met byeenkoms of vergadering) inkom.
n Eerste reaksie is om af te lei dat dit inderdaad hier om ’n Joodse sinagoge as letterlike gebou gaan – die vroeë Christene het immers nog vir ’n afsienbare tyd in sinagoges bymekaar gekom. Die posisies waarna verwys word, naamlik die “hier” en “daar” of die “staan” of “sitplek”, moet dus binne die konteks van die sinagoge gesoek word. Interessant genoeg is die meeste kommentare wat hierdie keuse uitoefen, ietwat vaag oor waar die “hier” of “daar” presies is. Die oplossing wat voorgestaan word, is dat dit uit die argeologiese opgrawings blyk dat daar bankies soos trappies langs die mure was, wat die sinagoge amper soos ’n arena laat lyk het. Dit kan duidelik uit figuur 1 gesien word. Die argument is dus dat die hoër plekke die beter plekke was en dat die onderste trap of selfs die grond voor die trap die plek was wat aan die arm man toegesê is.
Figuur 1
‘n Swakplek in die argument is dat daar nie met die “hier” of “daar” rekening gehou word nie. Die bankies (trappies) loop tog parallel met die muur in die rigting van die podium waarvandaan daar uit die Tora gelees is, wat natuurlik die mees eervolle plek in die gehou was. Vir die teks om te “pas in die sinagoge” moet daar meer of minder eervolle plekke op die grond, asook op die hoër trappies moes gewees het, wat nie die geval was nie.
’n Verdere probleem is: Wat word met die staanplek waarheen die arm man verwys is, bedoel? Daar was waarskynlik staanplek in die singagoge. Maar weereens geld dieselfde argument. Die staanplek naby die podium waar die wet voorgelees is, sou meer eervol wees as die sitplek wat verder daarvan geleë was. Dit beteken ook dat as die arm man gevra is om by die stoel van die voorsitter by die podium op die grond te kom sit, hy eintlik ook ’n meer eervolle plek sou gehad het as wat iemand sou hê wat verder terug op die trappies teen die mure sou sit. Dit lyk dus onwaarskynlik of hier van ’n Joodse sinagoge (as gebou soos ons dit argeologies ken) sprake is.
Skrywer: Prof Jan van der Watt
Ou vertaling:
1MY broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
2Want as daar in julle vergadering (sinagoge) ’n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ’n pragtige kleed aan, en daar kom ook ’n arm man in met vuil klere aan; 3en as julle opsien na hom wat die pragtige kleed dra, en vir hom sê: Gaan u op hierdie goeie plek sit, en vir die arme sê julle: Gaan jy daar staan of hier onder my voetbank sit — 4het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
Nuwe vertaling:
1My broers, julle wat glo in ons Here Jesus Christus, die Here aan wie die heerlikheid behoort, moet mense nie volgens hulle uiterlike beoordeel nie. 2Sê nou daar kom in julle samekoms (sinagoge) ’n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook ’n brandarm man in met ou klere aan, 3en sê nou julle maak ’n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,”4het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie?
Daar word aan die ryk man gesê dat hy hier op die goeie of gemaklike plek kan kom sit – dit dui op ‘n plek met die hoër status. Daarteenoor word daar aan die arm man gesê dat hy “daar” moet gaan staan of by wyse van ’n keuse, dat hy naby aan die persoon wat die plekke uitdeel kan gaan sit, maar dan “onder” sy voetbank. Uit die konteks is dit duidelik dat beide die posisies plekke is wat die arm man oneer aandoen. Dit was immers die voorreg van die huisheer – wat waarskynlik ook die leier van die groepie Christene kon wees – om plekke aan te wys.
Watter soort van bymekaarkomplek van die eerste gelowiges moet ’n mens jou voorstel waar die opsies wat hierbo genoem is, moontlik is? Lees die res van die artikels vir die moontikhede.
Skrywer: Prof Jan van der Watt