Category: Ek cope nie meer nie (Boek)
Posttraumaties stresversteuring is verwant aan die sogenaamde gevegsuitputting of “bomskok”. Hierdie is ’n uitmergelende toestand wat volg nadat die persoon blootgestel is aan erge sielkundige trauma, soos ontvoering, aanranding of verkragting en motor- of vliegtuigongelukke. Natuurrampe soos aardbewings of vloedskade...
Ons het tot dusver gepraat van mense wat voel hulle cope nie. Maar die saak kan ook baie ernstiger raak en kan die vorm van angsversteurings aanneem. Soos die woord “versteuring” sê, begin mense abnormale angs ervaar en sukkel om...
Daar is ’n segging: “Wees goed vir jou vriende, want sonder hulle is jy ’n vreemdeling.” ’n Mens kan nie alleen deur die lewe gaan nie, jy het mense nodig om jou regtig “mens” te maak. Vriende laat jou gewaardeer...
As ’n mens gespanne raak, is daar ook tegnieke wat jy kan gebruik om jou te laat ontspan. Asemhaling Daar is verskillende asemhalingsoefeninge wat ’n mens baie kan help, byvoorbeeld abdominale asemhaling of asemhaling wat op die maag konsentreer. Sit...