Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Stede en Dorpe(9) – JP Louw

Water vir Koning Dawid

2 Samuel 23:13-18. Dawid het dors geword en wou graag van die water uit die put in die poort van Betlehem drink, maar die Filistyne het die stad beset. Drie van sy manne het daarin geslaag om deur te glip en van die water vir Dawid te kry, maar toe hulle dit aan horn gee het hy dit op die grond uitgegooi as ‘n offer aan die Here. Hierdie gebeure is vir moderne mense baie vreemd. Dit het gebruike van destyds behels wat ingehou het dat as iemand jou lets gee wat uiters kosbaar is, ja selfs met lewensgevaar bekom is soos hierdie water, dit te blatant is om so ‘n geskenk aan te neem. Dan moet dit eerder as die kosbaarste besitting wat jy het aan die Here geoffer word. Dawid se handeling was dus nie onbeskof nie, maar het sy opregte waardering en agting vir sy manne en die Here getoon.

‘n Stad tussen heuwels

Psalm 121:1. Jerusalem is geleë op ‘n rif wat deur heuwels omring is en so goeie wagposte gebied het. Dit was dus maklik vir die inwoners van Jerusalem om te dink dat hulle stad veilig was. Die digter van Psalm 121 spreek hierdie gevoel aan as hy in vers 2 se “my hulp kom van die Here”. Een van die heuwels wat oor Jerusalem kyk is Kirjat-Jearim waar Dawid die verbondsark laat bly het omdat die Tempel toe nog nie gebou was nie. Wes van Jerusalem lê die Olyfberg vanwaar Jesus na die stad gekyk en daaroor geween het.

Die juk van Jesus

Matteus 11:29. Moderne mense dink meestal aan hierdie juk as die juk wat op die nekke van osse geplaas word wanneer hulle ingespan word. Maar Jesus praat oor ‘n juk wat mense gedra het-‘n stuk hout wat agter oor die nek en skouers van ‘n persoon geplaas is en wat lank genoeg was om aan beide ente mandjies of emmers of sakke te hang. In baie wêrelddele vind mens vandag nog jukke soos hierdie wat mense gebruik om vragte te dra. Die verwysing in Matteus 11 is dus na ‘n persoon wat ‘n lasdraer van so ‘n juk was. Om ‘n swaar vrag te dra was soms onmoontlik maar met so ‘n juk kan ‘n mens baie behartig. Jesus se dus dat hy ons ook taste laat dra maar dat die vrag lig is.

Om Jesus te volg

Matteus 16:24. Die uitdrukking “agter my aan wil kom” in die betekenis “saam met my wil kom” hou moontlik verband met die gebruik dat in die nou strate van die stede en dorpe en in die voetpaaie buite in die veld mense dikwels agtermekaar geloop het. Om iemand te volg beteken dus om agter iemand aan te gaan.

Skrywer:  Prof JP Louw




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Stede en Dorpe(8) – JP Louw

Jerusalem in Herodes se tyd

Die geskiedenis van Jerusalem tussen die Hasmoneërtyd en die tyd van Jesus is besonder tragies Die Hasmoneërs het heelwat onderlinge onenighede gehad. In hulle pogings om oral bondgenote teen mekaar te soek het hulle met ander moondhede ooreenkomste gemaak sodat Jerusalem aan Romeine, Partiërs en Herodiane onderworpe geraak het. Toe die Romeine in die gebied was, het Antipater, koning van Edom, ‘n ooreenkoms met die Romeine gemaak waardeur hy beheer oor Jerusalem verkry het. Die Parte het hom verdryf, maar sy seun Herodes het met Romeinse hulp die stad herower en so “koning” van die Jode geword. Bekend as Herodes die Grote het hy in gedurige wantroue geleef, want die Jode het hom gehaat. Om die Jode te probeer paai, het Herodes die Tempel herbou. Hy het die gebied waar Salomo se Tempel gestaan het asook die paleis van Salomo, gelyk gemaak en so ‘n area van 360 by 270 meter verkry waarop hy die nuwe Tempel gebou het-tweemaal so hoog soos dié van Salomo. Die binnehof was omring met pragtige pilaargange en die hele Tempel was ‘n sieraad van die antieke wêreld. Dit was in hierdie Tempel waar Jesus ook opgetree het. Herodes het verder verskeie goed verskanste paleise gebou: Masada en Herodion op die platteland, en twee forte of kastele in Jerusalem. Van laasgenoemde was een die Burg Antonia ter ere van die Romeinse keiser Marcus Antonius in die noordweste hoek van die Tempelkompleks wat oor die Tempel uitgekyk het. Hier het Jesus voor Pilatus verskyn (Johannes 18:33) en het Paulus op die trappe wat aflei na die Tempel ‘n geskikte verhoog gehad om die skare toe te spreek (Handelinge 21:37, 40). ‘n Ander was ‘n fort met drie torings wat Herodes as paleis gebruik het, gebou by die westelike muur op die rand van die heuwel. Hier het Jesus voor Herodes verskyn vroeg die oggend voor die kruisiging (Lukas 23:7).

HerodesPaleis

Op hierdie kruin tussen Betlehem en die Dooie See het Herodes sy paleis gebou

Herodes het ook ‘n groot muur gebou van die Burg Antonia of tot by sy paleis. Hierdie muur het noordwes uitgekring ver buite die stad en het ‘n mark, die bad van Betesda (Johannes 5:2) en woonhuise ingesluit. Die muur moes met ‘n skerp draai terugkom om ‘n ou steengroef te vermy wat later in ‘n tuin verander is, maar waar destyds gewoonlik op die rif veroordeeldes ge-kruisig is. In die steengroef was ook grafte in die wand gegrawe waar Jesus moontlik neergelê is na die kruisiging.

HerodesMasada

Die vesting Masada wat Herodes gebou het. Die sandhoop in die middel is deur die Romeine in 74 n.C. opgehoop om die vesting in te neem.

In 70 n. C. is Jerusalem deur die Romeinse generaal Titus verwoes na ‘n opstand deur die Selote, ‘n groep vurige Joodse nasionaliste. Na nog ‘n opstand in 135 het keiser Hadrianos die gebied suid van die Tempel omgeploeg en ‘n nuwe stad aan die noordekant gebou wat by Aelia Capitolina genoem het. So het die Tempel as’t ware suidwaarts geskuif na die suidoostelike hoek van die stad waar dit vandag nog is

Skrywer:  Prof. JP Louw




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Stede en Dorpe(7) – JP Louw

Jerusalem herbou

Na die Babiloniese ballingskap sou Jerusalem moontlik ‘n verwoeste plek gebly het as koning Kores van Persie wat Babilonië verower het, nie sy onderdane se religieuse lewens wou beskerm het` nie (Esra 1:1-5). So is ‘n klein groepie deur horn toegelaat om terug te keer. Die opbou het eers byna ‘n eeu later ‘n werklikheid geword onder Artasasta (Nehemia 2). Esra moes die Tempeldiens herstel en Nehemia die muur herbou het. Met baie teenstand van die omliggende bewoners en Persiese amptenare is Jerusalem uiteindelik herbou. Die koninklike gebou is verwoes gelaat, slegs die Tempel het herrys en in ‘n verwoeste-stad ,simbool •geword van ‘n religieuse buitepos van •Kores se ryk.

Jerusalem. onder die..Seleukiede

Die Persiese ryk het,in 332 v.C. tot ‘n val gekom toe Aleksander die Grote hulle verslaan het. Vir Jerusalem-het dit nie ingrypende politieke veranderinge gebring nie, maar wel op religieuse ge­bied. Die Griekse denke en politieke inslag het baie druk op die Jode geplaas. ‘n Joodse groep, die Sadduseërs, het byvoorbeeld ontstaan wat die opstanding ontken het. Na Aleksander se dood het daar egter meer ingrypende veranderinge gekom toe sy generaals die ryk onder hulle verdeel het. Egipte het onder die mag van Ptolemeus gekom, Sirië onder Seleukus en Jerusa­lem het die speelbal van die twee geword. Terwyl Ptolemeus Palestina regeer het, is ‘n groot getal Jode na Egipte gedeporteer waar hulle ‘n belangrike Joodse nedersetting gevorm het. So het daar dus eeue na die uittog uit Egipte onder Moses weer Jode in Egipte gewoon. Toe Seleukus se ryk in 198 v. C. egter die mag oor Palestina bekom, het sy latere opvolger Antiogus besluit dat die Jode tot die Griekse kultuur bekeer moes word. Hy het die Tempel verwoes, ‘n fort gebou in die stad en die Joodse geloof oral teengestaan. Joodse reaksie het later gelei tot die opstande onder Makkabeus wat ‘n Makkabeërtydperk ingelei het wat eers na baie jare die fort verslaan het en hulle eie priesterdom herstel het.

Die Hasmoneër tydperk

Die nuwe Joodse heersers in Jerusalem het as die Hasmoneërs bekend gestaan-‘n ou familie­naam. Eindelik kon hulle die eertydse ryk van Israel en Juda weer herstel. Jerusalem het weer welvarend geword. Baie Jode wat oor die destydse wêreld verspreid was, het van tyd tot tyd na die Tempel teruggekeer vir die feestye en het so baie handel en beweging meegebring. Die Hasmoneërs het weer die westekant van die heuwel, waarop Jerusalem gebou is, beveilig. Hulle het ook ter verdediging ‘n diep sloot, 20 meter diep en 80 meter breed, buite die noordelike muur van die Tempel gegrawe. Die graftuin is vandag nog deel van hierdie sloot. Die graf, soortgelyk aan die een waarin Jesus neergelê en waaruit by opgestaan het, is ‘n belangrike Christelike baken in die huidige Jerusalem.

graftuin

Die Graftuin in Jerusalem

Skrywer:  Prof JP Louw




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Stede en Dorpe(6) – JP Louw

Dawid se Jerusalem

Jerusalem sou moontlik nooit tot ‘n groot stad ontwikkel het as die Israelitiese stamme na die uittog en oorwinning van Kanaän nie in twee groepe verdeel het nie. Die stamme wat in die suide gaan vestig het, se hoofsentrum was Hebron. Hulle was later sterk ondersteuners van Dawid. Die stamme wat in die noorde gaan bly het, was later veral ondersteuners van Saul. Na die oorlog tussen Dawid en Saul, toe Saul se seun Isboset vermoor is (2 Samuel 4), het die noordelike stamme Dawid gevra om ook hulle leier te word. In belang van eenheid sou dit nie wys wees om of die noorde of die suide se stede as nuwe hoofstad vir die hele volk te kies nie. Jebus/Jerusalem was die beste keuse. Dit het in die middel gelê en het geen direkte verband met beide groepe gehad nie. Al was Jerusalem vir n ruk in Israelitiese hande (Josua 10:1, Rigters 1:8), het die Kanaäniete dit weer teruggeneem (Rigters 19:11-12). Dit was dus nou ‘n Kanaänitiese stad wat Dawid besluit het om sy hoofstad te maak. Dawid het Jerusalem deur twee strategieë ingeneem (2 Samuel 5:6-8). Eers het by die vervloeking wat die Jebusiete teen horn uitgespreek het, deur hulle blindes en kreupeles uit te bring as simbool van hoe hy sal lyk as hulle met horn klaar is, geïgnoreer. Daarna het by die probleem oorkom toe die Jebusiete waarskynlik die houttrappe van die skag wat na die watertonnel lei, verwyder het sodat Dawid nie deur die tonnel in die stad kon inkom nie. Tog het Dawid dit op een of ander manier reggekry, want Jerusalem is verower (2 Kronieke 11:1-6).

skagjebusiete

Die vertikale skag in Jerusalem wat deur die Jebusiete
gegraaf is om hulle toegang tot water to gee toe die
stad beleer was. Dit was moontlik hierdie skag wat
Dawid se manne toegang tot die stad verleen het

Dawid het Jerusalem verder opgebou en uitgebrei met mure en terrasse (2 Samuel 5:9, 1 Kronieke 11:8). In hierdie tyd is die naam Jerusalem moontlik ook geherïnterpreteer as Jerushalom “stad van vrede” wat tot vandag so verstaan word. Miskien is daar iets hiervan gespieël in Jesus se woorde in Lukas 19:42 “as jy vandag tog wou insien wat vir jou vrede nodig is”.

Om ‘n neutrale stad as hoofstad te kies was nie voldoende nie. Jerusalem moes ook die godsdienstige sentrurn word. Dit het Dawid gedoen deur die Ark van die Verbond na die stad te bring (1 Kronieke 13-16). Dawid het ook planne begin maak om ‘n tempel in Jerusalem te bou (2 Samuel 7, 1 Kronieke 22).

 

Salomo se Tempel

Toe Salomo die Tempel begin bou het was dit duidelik dat om op die steil stadsrif te bou geen maklike taak sou wees nie. Dawid het reeds terrasse en mure gebou en die moes vergroot word. Die Tempel is op die hoër terras gebou en ander geboue is later bygevoeg. 1 Konings 5-6 vertel van die bouwerk. Baie ambagsmanne is gebruik en groot voorrade moes aangery word. Dit het ontwikkeling gestimuleer. Die land is in twaalf dele verdeel wat elk vir ‘n maand verantwoordelik was vir onkostes. Jerusalem, Hebron en Betlehem is nie belas nie. Hierdie voorkeure tesame met die swaar belastings vir Salomo se bouwerke en rojale paleislewe asook die historiese verdeling tussen noord en suid, het ou gevoelens laat opvlam wat uiteindelik tot ‘n skeuring na Salomo gelei het.

Na die skeuririg van die ryk het tien stamme vir hulleself te Sigem (1 Konings 12:25) ‘n nuwe hoofstad herbou en later te Samaria (1 Konings 16:23-24). Dit moes tot ‘n aansienlike afname in die belangrikheid van Jerusalem gelei het omdat slegs die twee stamme van Juda en Benjamin daar oorgebly het. Tog het die Tempel sy belangrikheid behou al is ander heiligdomme deur Israel (die tien stamme) by Dan en Bet-El (1 Konings 12:29) opgerig.

‘n Besondere bouwerk wat in Jerusalem voor die Babiloniese ballingskap onderneem was, is die waterkanaal wat Hiskia laat grawe het. ‘n Ander bouwerk van Hiskia was die uitbreiding van die muur aan die westekant van Jerusalem waardeur die stad byna in grootte verdubbel het (2 Kronieke 32:5). Toe Nehemia na die Babiloniese ballingskap teruggestuur is om Jerusalem te herbou, het by die muur weer opgerig.

Skrywer:  Prof JP Louw