Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Familie(1) – Hennie Stander
Daar word vandag na ons gesinne as “kerngesinne” verwys omdat dit so of twee kinders. Families in die Ou Testamentiese tye was baie groot en dit het letterlik elke lid van die familie ingesluit – ooms, tannies, neefs; niggies en diensknegte. Aan die hoof van die familie het ‘n familiehoof gestaan. Die kleiner groeperinge binne ‘n familie het elk weer sy eie gesinshoof gehad.
Abraham en sy opvolgers was sulke familiehoofde en op een stadium kon Abraham 318 weerbare manne, wat in sy huishouding gebore is, in die veld stoot. In so ‘n uitgebreide gesin is die familie deur die oudste manlike familielid regeer wat die vader of grootvader was. So byvoorbeeld toe Jakob na Egipte afgetrek het, is Jakob as die vader van die familie beskou alhoewel sy seuns reeds vrouens en kinders gehad het (vgl Genesis 46:8-27). Hy het dan ook tot sy dood oor die familie geheers. Moontlik het Maria en Josef saam met so ‘n familie gereis toe hulle met Jesus na Jerusalem gegaan het toe Hy twaalf jaar oud was, want ons lees dat hulle met “familie en bekendes” gereis het (Lukas 2:44).
Die vader
Die familie was dus soos ‘n “klein koninkrykie” wat deur die familievader regeer is. Hy het heerskappy gevoer oor sy vrou, kinders, kleinkinders en slawe – almal in die huishouding. Die kinders is ook geleer om hierdie gesag te aanvaar (Eksodus 20:12). Indien die kinders geweier het om hulself onder , hierdie gesag te stel en sodoende die, familie-eenheid in gevaar gestel het, kon hulle met die dood gestraf word (Deuteronomium 21:18-21).
Vrouens
In Genesis 2:18 word gestel dat God die vrou geskep het as ‘n hulp vir die man. Die rol van-die vrou was in die Ou Testamentiese tyd altyd ondergeskik aan dié van die man. Wanneer gaste teenwoordig was, was sy uit sig (vgl Genesis 18:9). Ook in die Nuwe Testament vind ons dieselfde. Paulus het dit ook baie duidelik uitgespel dat die man die hoof van die vrou was (1 Korintiërs 11:3). Die apostel Paulus motiveer die ondergeskikte posisie van die vrou deur daarop te wys dat die man eerste geskape is en dat dit die vrou was wat eerste God se gebooie verontagsaam het (1 Timoteus 2:13-14). Dit was die klimaat van die tyd.
Ondanks die ondergeskikte tradisionele Samuel 1:5). Dit was inderdaad van die man verwag om sy vrou lief te he (Efesiërs 5:25). Die vrou se primêre rol was om kinders vir haar man te verwek (vgl Psalm 128:3) en om na die huishouding om te sien.
Ondanks al die liefde en respek wat aan die vrou betoon is, het sy nie dieselfde regte as die man geniet nie. Dit lyk of sy veel eerder saam met sy besittings, grond, en slawe gereken is. Sy kon ook nie haar man skei nie, alhoewel hy van haar kon skei.
Jesus het egter, ondanks die sosiale klimaat van sy tyd, deur sy optrede ‘n heeltemal anderse houding jeens die 4:27). In sy hele bediening het hy nooit enige onderskeid tussen man en vrou gemaak nie en verskeie vroue, onder andere Maria en Marta, het ‘n belangrike rol in sy bediening gespeel. Na Sy hemelvaart het etlike vroue ‘n belangrike rol gespeel in die vroeë Kerk. Sommige vroue is selfs in die amp van diakones aangestel (Romeine 16:1) – terwyl ander weer as profetesse opgetree het (Handelinge 21:9).
God het vir Adam slegs een vrou gegee. Tog word daar in die Ou Testament soms, maar veral onder koninklikes en rykes, die verskynsel van poligamie (meer as een vrou) gevind. In die Nuwe Testament word die beginsel van monogamie (een vrou) soos in die skeppingsverhaal, herbevestig. Veral kerkleiers is sterk hieroor vermaan (1 Timoteus 3:2).
‘n Relief van Josef wat hom ontferm oor sy gesin nadat Herodes besluit het om alle kinders onder twee jaar om die lewe te bring.
Skrywer: Prof Hennie Stander