Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(1)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(1) – Hennie Stander

Die huise in die Heilige Land word vandag deur veral twee prominente eienskappe gekenmerk. In die eerste plek het die huise almal baie dieselfde styl en voorkoms. Hulle neig almal om redelik vierkantig te wees, met ‘n plat dak en met trappe aan die buitekant en is oor die algemeen van wit kalksteenblokke gebou. Hierdie boustyl het ontstaan as gevolg van die heersende klimaat, die beskikbaarheid van boumateriaal en ‘n oorspronklike behoefte om so te bou dat plek bespaar word. Die tweede tipiese kenmerk van die woonplekke in Israel van vandag is dat baie ou huise nog steeds bewaar word tussen die redelike nuwe huise met die gevolg dat besoekers vandag nog, direk langs moderne huise, voorbeelde kan sien van wonings wat sekerlik nie veel verskil van dit wat in Bybelse tye bewoon is nie

Verdeling van die land

Die Israeliete het hul grondgebied deur verowering verkry en elke stam en familie het hulle eiendom as komende uit die hand van God beskou. Die wyse waarop die land verdeel is, word vir ons in die tweede helfte van die boek Josua beskryf. Die area is met ‘n tou of maatlyn verdeel en dit is daarna deur die lot toegeken (Amos 7:17; Psalm 78:55; vgl. ook Sagaria 2:1-2). ‘n Lot was amper iets soos ons hedendaagse dobbelsteentjie. Dit het waarskynlik bestaan uit ‘n klippie of ‘n stukkie erdewerk of selfs ‘n stokkie wat spesiaal gemerk is. Daar is nogtans geglo dat dit  volkome onder die beheer van God was wanneer dit gewerp is. Die outeur van die boek Spreuke bevestig dit met die woorde “In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die Here” (Spreuke 16:33). Wanneer Dawid sê: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi” (Psalm-16:6) verwys hy na die maatlyn waarmee grondgebied verdeel is. Hy gebruik dit egter as ‘n beeld waarmee hy God dank vir Sy Voorsienigheid en Dawid sien in sy, materiële voorspoed die goedheid van .God raak.

 

Nadat die grond toegeken is, is dit met een of ander baken afgemerk,soos n hoop klippe, ‘n natuurlike landmerk of. ‘n dubbele voor van geploegde land. Niemand mag so ‘n. landmerk verskuif het nie omdat die grond n geskenk van God was en omdat die verskuiwing van ‘n landmerk reëlreg ingegaan het teen Sy opdrag (Deuteronomium 19:14; 27:17). Om hierdie selfde rede was dit ook oneervol om so ‘n gebied wat jy as erfenis ontvang het, te verkoop. Juis om hierdie rede het Nabot geweier om sy wingerdaan Koning Agab te verkoop en laasgenoemde kon horn ook nie verplig om dit te doen nie (1 Konings 21).

Hebron – soos dit vandag lyk. Die huise en die ongeordende uitleg van strate van vandag lyk nie veel anders as wat dit in die Bybelse tye gelyk het nie.

Hebron

 

 

Die oasisdorp van Al Ula Hedjaz, Arabië (die BybelseDedan). Hierdie huisies, elk met sy binnehof, stem baie ooreen met die huise van die Ou Testamentiese tye.

oasisdorp

 

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(5)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(5) – Hennie Stander

Vandag kyk ons na sekere interessante Bybelgedeeltes ten opsigte van kleredrag

Mansklere en Vroueklere Josef se kleed Genesis 37:3.

“‘n bont kleed” terwyl die nuwe Afrikaanse vertaling weer vir “‘n kleed met lang moue” kies. Hoe dit ook al sy, ons kan aanneem dat hierdie kleed wat Jakob vir sy jongste seun last maak het, ‘n baie spesiale kleed was.

Die bokleed en die onderkleed In

Oor die hoofbedekking van vrouens 1 Korintiers 11:6-15.

Die priesters se klere

 

boervrou

 

Prof Hennie Stander

 




Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(4)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(4) – Hennie Stander

Kledingstuk name en interessante uitbeeldings

 

Die klere en die kosmotiek van ‘n Romeinse vrou word op die hierdie paneel uitgebeeld wat deur vroulike amptenare van ‘n godsdienstige kultus toegewys is.

klerekosmetiek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Romeinse Ivoorkam, met die naam van die eienares (Modestina) daarop uitgekerf

ivoorkam

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mans

fang kleed

(haluk)

kort onderkleed

(nikli)

linne-onderkleed met kort moue

(kolbur)

gordel

(hasor)

beurs

(pundar)

halsdoek

(miktoran)

kopdoek

(ma’aforet)

mus

(pijlon)

hoed

(koba)

doek wat oor die kop gaan

(sudarin)

kortbroek

(abrition)

broek

(subrikia)

kouse

(empiljjot)

sandale of skoene

Vrouens

lang onderkleed van linne

(klanidja)

kort onderkleed

(kolbur)

mantel

(istomukhvia)

gordel

(pirsomath)

gekleurde gordel

(sonarim)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(3)

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Kleredrag(3) – Hennie Stander

Hoofbedekking

 

Die skoonmaak van klere

Basiese kledingstukke

Vir die meeste mense was klere nie maklik om te bekom nie en was dit ook baieinteressant om te sien dat met die kodifikasie van die wet in die eerste eeu n. C., die Jode ‘n lys klere opnoem wat

kledingstukke aandui en ook noem dit die kledingstukke wat op daardie tydstip bekend was. Die lys het uit twee afdelings bestaan: een afdeling handel oor klere vir die mans en die tweede deel oor klere vir die vrou. Klere was so belangrik en kosbaar, dat dit ‘n teken van intense smart en berou was wanneer iemand dit in stukke geskeur het (Job 1:20).

Versiering

kleurstof waarmee vinger- en toonnaels geverf is. Die skoonmaakmiddels is of met die vinger of met ‘n houtspaandertjie aangewend. Mans het dikwels ‘n ring aan hul vinger gedra of aan ‘n ketting om hul nek, maar dit was meer vir verseëldoeleindes as vir versiering gebruik. Hulle seëlringe het amper dieselfde funksie gehad as wat die moderne mens se handtekening het. In OuTestamentiese tye is hare lank gedra en die sny daarvan is deur die Jode verag (Jeremia 49:32). Priesters se hare was egter van ‘n meer matige lengte (Esegiël 44:20). In die Nuwe Testamentiese tye was dit egter weer oneervol vir ‘n man om lang hare to dra (1 Korintiërs 11:6). So het modes ook maar gewissel.

 

Die feit dat vrouens gesluierd in die openbaar beweeg het, weerspreek egter nie die feit dat hulle hul ook versier en grimeer het nie. ‘n Mens moet onthou dat daar verskillende gebruike in verskillende omstandighede bestaan het. So lees ons byvoorbeeld dat Rebekka haar gesig met ‘n sluier bedek het toe sy Isak sien aankom. Tog was sy voor dit ongesluierd in die teenwoor­digheid van die dienskneg (Gen 24:65).

 

Skrywer:  Prof Hennie Stander