Category: Jesaja – Bybelstudie
Hier volg ‘n bybelstudie oor Jesaja deur Prof Francois Malan
Jesaja (Jahweh het gered, of: Jahweh is my bevryding) het in die 8e eeu v.C. (740 v.C.) begin opgetree as profeet in Jerusalem. Ons weet min oor sy familie: dat hy die seun is van Amos (nie die profeet Amos nie, wie se naam in Hebreeus anders gespel word as Jesaja se pa); volgens 8:3 was hy getroud, en het ten minste twee seuns gehad (8:18): Maheer-sjalel-gasj-baz (8:3 Plunder-en-roof-is-naby) en Sje’ar-jasjub (7:3 die oorblysel-keer-terug). Jesaja het as profeet vir ongveer 40 jaar lank God se wil aan Juda en Jerusalem bekend gemaak. Dit het saamgeval met die Assiriese oorheersing van 740 v.C tot by die redding van Jerusalem uit Assirië se mag in 701 v.C.
66:18-21 is ‘n blik op die Here se toekomsvisie, die vestiging van sy alleenheerskappy. Dit word in prosa aangebied. 66:18 Die Here kom om bymekaar te maak. Die Here wat die nie-Israeliete, ontmandes en verstrooides van Israel bymekaar maak (56:1-8)...
66:6 ‘n Stem van rumoer uit die stad; ‘n stem uit die tempel; die stem van die Here; Hy is besig om vergelding uit te deel aan sy vyande.’ In verse 1-5 is ‘n duidelike onderskeid getref tussen regte gehoorsaamheid...
Na die visie van hoop oor die nuwe skepping van die Here vir hulle wat die Here soek (65:17-25), beskryf die moeilike hoofstuk 66 die twiste in die ontwakende Judaïsme. Hoewel die wonderlike visie van die Here se nuwe toekoms...
Hierdie verse beskryf in ‘n uitgebreide visioen die nuutheid wat die Here gaan gee. Dit skilder die toekoms van die getroue dienaars van die Here wat Hom as die middelpunt van hulle lewe maak, en nie van die rebelle teen...