Category: Jesaja – Bybelstudie
Hoofstukke 1-12 sluit af met ‘n loflied aan die Here wat met ‘n gebed begin en in ‘n belydenis ontwikkel in die verwagting op ‘daardie dag’ ná die dae van die Here se toorn in hoofstukke 5,9-10. 12:1 Op daardie...
11:11 Die tweede keer wat die Here sy hand uitsteek volg op die eerste keer toe Hy hulle in ballingskap weggevoer het (5:25; 9:11,16,20; 10:4). Hierdie keer is dit om die oorblyfsel terug te bring ná die ballingskap (soos sy...
11:6-8 Die digter spring van menseverhoudings na die dierewêreld, met beelde uit Dawid se skaapwagterdae. ‘n Jong seun of dogter as herder van die skape, bokke, en kalwers, lei die kudde soggens veld toe lei en bring hulle saans terug...
11:1 Die Libanonbos is ‘n beeld vir Jerusalem se leiers en inwoners, wat afgekap is. Uit die afgekapte stomp groei daar ‘n takkie uit (6:13), en waar ‘n stomp makeer, spruit ‘n loot uit die wortels om vrug te dra...