Kruisiging – die oorsaak van dood (4)
Kruisiging – die oorsaak van dood (4)
Die aard van die wond in Jesus se sy
Maar een van die soldate het met ʼn spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom (Johannes 19:34).
Die aard van die wond in Jesus se sy
Maar een van die soldate het met ʼn spies in sy sy gesteek, en daar het dadelik bloed en water uitgekom (Johannes 19:34).
Die belangrikste patofisiologiese gevolg van kruisiging was ʼn belemmering van normale asemhaling – veral uitaseming. Die gewig van die liggaam wat trek aan die uitgestrekte arms en skouers, neig om die spiere tussen die ribbes te fikseer. Uitaseming, wat gewoonlik ʼn passiewe proses is, word veral beïnvloed. Die asemhaling word vlak en koolsuurgas hoop op. Dit lei tot krampe en selfs sametrekkings wat asemhaling nog verder belemmer.
Jesus se kruisiging
Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het (Markus 15:25). Jesus het daardie selfde dag – ongeveer drie-uur – gesterf. Johannes vertel vir ons dat die twee misdadigers wat saam met Jesus gekruisig is toe nog gelewe het. Die soldate het hulle bene gebreek. Toe hulle egter by Jesus kom en sien dat Hy al klaar dood is, het hulle nie sy bene gebreek nie (Johannes 19:33).
Daar is heelwat artikels op hierdie webblad wat verskillende aspekte van die kruis en kruisiging hanteer. In hierdie reeks artikels gaan ons spesifiek na die mediese aspekte van kruisiging kyk. Waar dit van belang is, sal ons sekere punte wat reeds elders hanteer is, weer bespreek. Reeds in 1847 het Stroud ʼn boek oor die oorsaak van dood in gevalle van kruisiging geskryf. Sy gevolgtrekking was dat Jesus se hart geskeur het. Daarna is meer as 40 boeke oor hierdie onderwerp geskryf. Daarin word verskeie teorieë voorgestel. Die baie teorieë is gewoonlik ʼn aanduiding dat die oorsaak onduidelik is.