Dr Johan Smith

Dr Johan Smith

Jammer vir die ongerief!!!. Inhoud nog nie beskikbaar nie




Dr Stephan Joubert

Dr Stephan Joubert

stephan_joubertStephan Joubert dien al vir meer as ‘n dekade as ‘n professor in Nuwe Testament studies by die Universiteit van Pretoria. Hy het al meer as 40 akademiese navorsingspublikasies, 10 artikels vir publikasie in internasionale akademiese werke, sowel as ‘n magtige navorsingswerk oor die lewe van Paulus die lig laat sien. Hy was ‘n leraar by ‘n mega gemeente in Pretoria, en is steeds ‘n gesogte spreker by internasionale konferensies en seminare oor leierskap en die kerk.

Hy skryf ‘n weeklikse bydrae vir ‘n koerant in Gauteng, ‘n maandelikse bydrae vir ‘n Christelike glanstydskrif, en is ook die redakteur van ‘n groot internet kerk (24 000 besoekers). Stephan het reeds 47 Christelike boeke geskryf, en is ook die mede-vertaler van ‘n moderne Afrikaanse vertaling van die Bybel, welke bekroon is as die beste Christelike publikasie van die jaar in Suid-Afrika. Hy het ook reeds die Van Drimmelen medalje vanaf die Suid-Afrikaanse Raad vir die Wetenskap en die Kunste ontvang.




Prof. Francois Tolmie

Prof. Francois Tolmie

francois_tolmie_100

Francois Tolmie is in 1959 in Keetmanshoop in Namibië gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Middelburg Kaap en gaan studeer daarna vir predikant. Hy voltooi sy teologiese opleiding aan die Universiteit van die Vrystaat waar hy later ook doktorsgrade in Nuwe Testament en Grieks verwerf.

Na ‘n kort tyd as predikant van die NG Gemeente Walvisbaai word  hy  beroep  as  dosent  in  Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie (Universiteit van die Vrystaat) waar hy tans professor in Nuwe Testament is. Hy stel veral belang in die Johannesevangelie en die Briewe van Paulus – waaroor hy al heelwat akademiese artikels en drie boeke geskryf het.

Afgesien van sy akademiese werk het hy ook verskeie populêr-godsdienstige werke geskryf, onder andere as medewerker van die Bybellennium. In 2006 het Francois saam met Prof Jan van der Watt aan die “Apokriewe” gewerk wat deur CUM (Vereeniging) uitgegee is. Hy is ook een van die vertalers van die Afrikaanse Bybel vir Dowes. Hy is getroud met Ansa en hulle het drie kinders en is tans die Dekaan van die Teologiese Fakulteit Universiteit van die Vrystaat.

 




Dr. Coen Slabber

Dr. Coen Slabber

oom_coen_3_100

 

Oom Coen, soos ons hom noem, kwalifiseer as ‘n mediese dokter vroeg sestigerjare, waarna hy in New York navorsing gaan doen. Hy spesialiseer as ‘n ginekoloog (infertiliteit) en word later aangestel as die dekaan, Mediese Fakulteit, Universiteit van Oranje Vrystaat. Hiervandaan is hy na Departement Gesondheid, waar hy uittree as Direkteur Generaal middel negentigerjare. Daarna het hy ‘n rukkie vir Deloitte en Touche gekonsulteer.

Hy is tans die bladbaas by die Bybelkennis.co.za en ‘n mentor vir almal. Oom Coen en sy vrou Martie is voltyds betrokke met werk en hulp in gemeenskappe. Hy is ‘n sprekende voorbeeld van iemand wat sukses bereik het, dit op 67-jarige leeftyd omgeskakel na betekenisvolle bydrae in die gemeenskap en kerk, sonder enige vergoeding.

Hy is getroud met Martie. Hulle het vier kinders. Oom Coen is ook tans ‘n medewerker by www.ekerk.co.za en ook baie betrokke by die Kankervereeninging.