Herlewing: Hoe gebeur dit?

 

Art is a lie that makes us realize truth – Pablo Picasso

 

Herlewing: Hoe gebeur dit?

Die uiteindelike Bron van herlewing is die Heilige Gees. Gewoonlik gebruik die Gees sekere instrumente om herlewing te bewerk.

  1. Buitengewone gebed

Dit beteken volgehoue gebed gesentreer op God se koninkryk. Wat belangrik is, is nie die aantal mense wat bid nie, maar die aard van die gebed. C. John Miller onderskei tussen gebede vir instandhouding en buitengewone gebede Byeenkomste vir gebede vir instandhouding is gewoonlik kort, meganies en fokus op die fisiese behoeftes van die kerk. Buitengewone gebede het drie basiese kenmerke:

  • ‘n Versoek vir genade om my sonde te bely en nederig te wees.
  • ‘n Deernis en ywer vir die groei van die kerk en die bereiking van die verlorenes.
  • ‘n Verlange om God te ken, sy gesig en sy heerlikheid te sien.

In Handelinge 4 word die dissipels deur die godsdiensowerhede gedreig. Na die tyd vra hulle nie vir beskerming van hulleself of hulle families nie, maar: Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.

  1. Herontdekking van die evangelie

Ons kan die leerstellings van ons gemeente akkuraat beskryf, maar ons is blind vir hulle implikasies en krag. Ons moet weer die evangelie ontdek en tuisbring in lidmate se harte. Hoe kan ons weer die evangelie tuis bring sodat mense die implikasies en krag daarvan kan sien? Daar is verskeie maniere:

  • Dit is die plek van inligting en onderrig waaraan die meeste mense blootgestel word.
  • Die opleiding van leiers wat die evangelie aan ander verkondig. Hulle moet dan groepies vorm waarin hulle mense in die waarhede van die Bybel lei.
  • Bring ‘n element van ondervinding in die kleingroepe. Mense vertel van hoe God hierdie week ‘n werklikheid in hulle lewens was.
  • Gesprekke – individue wat informeel met ander gesels.
  • Maak seker dat kerkleiers weet hoe om die evangelie in pastorale berading te gebruik.

 

  1. Innovering van die evangelie

In herlewings sien ons gewoonlik een of ander innoverende metode om die evangelie te verkondig. Historici sê dat die Hervorming bemagtig is deur die gebruik van belangrike tegnologiese innovering – die drukpers. C. S. Lewis in The Chronicles of Narna sê dat dinge nie twee keer op dieslefde manier gebeur nie. Hou jou oë oop.

 




Prediking vir die hernuwing van die evangelie

Blog220a

You are infinitely more likely to play in the NBA this year than you are to be transformed to Christlikeness in your own strength – Vern Hyndman

 

Prediking vir die hernuwing van die evangelie

Daar is veral vyf kenmerke van prediking vir evangelievernuwing.

  1. Preek om tussen godsdiens en die evangelie te onderskei

Hierdie prediking sal die kernprobleem van afgodery hanteer deur luisteraars te help om onder die vlak van gedrag na die motivering van die hart te kyk.

  1. Verkondig beide die heiligheid en liefde van God om die rykheid van genade oor te dra

Ons moenie net God se heiligheid, geregtigheid en oordeel beklemtoon nie, maar ook sy barmhartigheid en liefde.

  1. Preek nie net om die waarheid duidelik te maak nie, maar ‘n werklikheid

Prediking moenie net vir mense vertel wat om te doen nie; dit moet God op so ‘n manier voorstel dat dit die hart en verbeelding vasvang. Meeste mense begryp baie Christelike leerstellings intellektueel, maar dit is nie ‘n werklikheid in hulle harte nie. Daarom beïnvloed dit nie hulle gedrag nie.

  1. Preek Christus uit elke teks

Jesus moet dié boodskap wees wat jy verkondig. As jy nie mense op Jesus rig nie, dink die mense dat die preek oor hulle gaan – wat hulle moet doen.

  1. Preek terselfdertyd vir Christene en nie-Christene

Moenie net met jou gemeente praat oor geestelike groei nie – dan aanvaar jy almal in die gehoor is Christene. Evangeliseer soos jy onderrig en onderrig soos jy evangeliseer.

 

 

 

 




Die belang van afgode

 

Find your spiritual gift, and remember it is always a key, never a lock –  Doug Jackson

 

Die belang van afgode

Martin Luther (Treatise on Good Works) lê vir ons die tien gebooie uit. Hy sê dat om geen afgode voor God se aangesig te hê (die eerste gebod) dieselfde beteken as vryspraak deur geloof in Jesus Christus alleen. Om te sê dat ons geen ander gode as God het nie en om te sê ons moenie probeer om verlossing sonder Jesus Christus te kry, is dieselfde ding. God sê: “Omdat Ek alleen God is moet jy jou volle geloof en vertroue in My stel – in niemand anders nie.”

 

Luther sê in wese dat enigiets waarna ons meer as na Christus kyk vir ons vreugde, betekenis en hoop is per definisie ‘n god. Dit is iets wat ons aanbid, dien en op vertrou met ons hele lewe en hart. Afgode kan goeie dinge wees – familie, beroep, romanse, talent, ens – wat ons verander in dié dinge wat vir ons die vreugde en betekenis gee wat ons nodig het. ‘n Duidelike teken van afgodery is die buitengewone angs en ontmoediging wat ons ondervind as ons afgode gedwarsboom word.

 

Luther glo ook dat ons geen een van die ander gebode verbreek tensy ons ook die eerste gebod verbreek nie. Die wortel van alle sonde is afgodery; afgodery beteken ons kyk nie na Jesus vir ons vryspraak en verlossing nie. Die grond vir elke sonde is om nie die evangelieboodskap dat Jesus, en Jesus alleen, ons vryspraak, geregtigheid en verlossing is, te glo nie.

 




Psalm 27 (2)

 

The greatest sorrow and burden you can lay on the Father, the greatest unkindness you can do to him, is not to believe that he loves you. —John Owen

 

Psalm 27 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

27:3 – 6:

Hier word die getuienis in meer diepte herhaal.

3Al sou ’n leër teen my laer opslaan, sal my hart nie bang wees nie;

Al sou ‘n oorlog teen my uitbreek, sal ek bly vertrou.

Soos vers 1 is dit nog ‘n verklaring van vertroue Die ondervinding uit die verlede toe hy deur vyande aangeval is, is die basis vir sy vertroue. Nog ‘n aanval deur ‘n leër is geen probleem nie.

 

4Een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek bly nastreef:

Om my lewe lank in die huis van die Here te woon,

om die lieflikhede van die Here te aanskou en daaroor na te dink in sy tempel.

Die psalmis kyk terug na ‘n gebed aangebied midde in gevaar. Hier kry ons ook die tema van woon in die Here se huis. Dit verwys na die Here  se permanente beskermende teenwoordigheid en na die vryheid om die Here se  leiding te soek. Die Here is in die tempel teenwoordig, maar Hy is ook teenwoordig as ons in die alledaagse lewe onder druk verkeer. Sy pleidooi is dat hy te alle tye na die tempel kan gaan.

 

Die derde reël noem dan twee redes vir so ‘n besoek aan die tempel.

  • Om die lieflikhede van die Here te aanskou – in die Ou Testament is die siening dat ‘n mens nie na die Here kan kyk nie. Daarom word sy lieflikhede aanskou.
  •  En daaroor na te dink in sy tempel. Dit gaan hier oor nadenke  oor die Here se wil vir die psalmis en die mense.

 

5Ja, Hy steek my weg in sy skuilplek op die dag van onheil;

Hy verberg my in die beskutting van sy tent;

Hy tel my hoog op ‘n rots.

Hier dink die psalmis na oor wat gebeur het as gevolg van sy gebed. Wat die psalmis gevra het en wat die Here belowe het kom ooreen met die werklikheid waarvan ons in vers 1 – 2 gelees het. Ander beelde word gebruik. Die gebed was dat wanneer die kwaaddoeners aanval, sal die Here hom en sy mense beskerm. Die gebed is dat hy in die tent van die Here veilig sal bly. In die derde reël kry ons ‘n nuwe beeld – die van ‘n rots. Gewoonlik is die Here self die rots. Die psalmis vra dat hy opgetel moet word na die Here. Daar sal hy beslis veilig wees.

 

6Daarom is my kop hoog bo my vyande rondom my.

Ek wil met uitroepe van vreugde offers bring in sy tent,

Ek wil sing, met begeleiding sing, vir die Here.

Die psalmis verbly hom in die antwoord op sy gebed. Beskerming beteken oorwinning en dankbaarheid. Sy kop is hoog, want hy is opgetel op die Here se rots. Die Here beskerm hom; die Here verseker sy oorwinning oor die vyande. Daarop volg die toepaslike dankoffer. As  die Here optree kan ons ons koppe oplig  – iets wat andersins onmoontlik sou wees. Ons kan ook ons offers bring en ons stemme in sang verhef.

 

Hierdie deel word gekenmerk deur die psalmis se vertroue dat God hom teen sy vyand sal beskerm, terwyl hy in die tempel, waarvoor hy lief is, skuil. Omdat God die Skepper is, is vrees onnodig. Toevlug beteken die bron van my krag. By die Here is hy nie bang nie: misdadigers kan maar op hom afstorm en ‘n leër kan teen hom stelling inneem. Waar die psalmis voor sy vyande uit moes vlug na die tempel toe, was sy verlange op die tempel gerig. Daar kan hy veilig skuil by die Here.

 

In Bybelse tye het mense in vier posisies aanbid:

  1. Jy kon sit vir nadenkende gebed – soos Jesus gesit het as Hy mense onderrig het.
  2. Jy kon kniel – eintlik gaan jy af op jou knieë met jou voorkop op die grond. Hierdie posisie is later nie meer gebruik nie, want baie kerke het moddervloere en geen banke gehad nie.
  3. Plat op die grond op jou aangesig. Dit was die gewone burger se posisie voor die farao.
  4. Dikwels het mense gestaan as hulle gebid het.

 

Die beeld is dus dié van ‘n man wat God aanbid terwyl hy in die tempel sit. Hy soek, oor ‘n lang tydsperiode, die wil van God. Hierdie houding beskryf sy lewensgesindheid. As gevolg van sy nadenke weet hy wat dit beteken om saam met God te loop – seker in sy geloof al dreig probleme. Hy kyk neer op sy vyande – hy sien verder in die bedoeling van God se liefde en beloftes as wat hulle doen. Daarom gaan hy op sy lewenspad met ‘n lied in sy hart.

In die volgende gedeelte kry ons ‘n ommekeer – van vertroue na dringende gebed.