Verkiesing: Lesse uit Judas se verraad

 

A Christian is a walking sermon. We preach far more than a minister does, for we preach all week long. —J.C. Ryle

 

Verkiesing: Lesse uit Judas se verraad

Van Kain se tyd staan die bose net buite die deur en kyk hoe hy ons kan vernietig. In ons moderne samelewing is daar die versoeking om alles moontlik te doen om jou posisie in die openbaar te handhaaf. Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou (Psalm118:8 – 9). As ons na Judas se geskiedenis kyk, sal dit ons help om nie ons vertroue op hoë mense te stel nie. Kom ons kyk na ‘n paar lesse uit sy geskiedenis.

 

  1. Die persoon wat ten alle koste sy plek in die wêreld wil behou, is gewillig om alles te gee

Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom? (Matteus 26:15). Dit is die vraag wat hy vir die priesterhoofde vra nadat die duiwel hom oorreed het om Jesus te verraai. Wat hier duidelik is, is ‘n gierigheid om te kry alles wat hy kan. Daarom verraai Judas vir Jesus vir dertig silwermuntstukke. Hy gebruik sy posisie as een van die twaalf dissipels tot sy eie voordeel. Judas was in ‘n unieke posisie om Jesus te verraai. Dit bly steeds ‘n versoeking vir enigeen wat Jesus Christus volg.

 

  1. Die persoon wat Jesus aan sy vyande oorgee, word deur daardie optrede gedefinieer

In Matteus 26 sê Jesus dat Judas Hom gaan verraai. Later verwys Hy na die man wat my gaan verraai en later na verraaier. Judas het baie in sy lewe gedoen. Van dit was sekerlik ook goeie dinge, maar sy blywende identiteit was dié van ‘n verraaier. Die besliste oomblik in Judas se lewe was toe hy vir Jesus oorgegee het. Ons moet ook besluit: Gaan ek my verhouding met Jesus gebruik vir wêreldse wins en of jy alles wat jy het, gaan “verkoop” om Christus te verkry en bekend te maak.

 

  1. Die een wat Jesus verraai, kry niks behalwe vernietiging nie

Toe Judas, die verraaier, sien dat Jesus tot die dood veroordeel is, het hy spyt gekry (Matteus 27:3). Hy bring die 30 silwerstukke terug, maar die priesterhoofde en familiehoofde weier om die geld terug te neem. Judas het toe die geld in die tempel ingegooi, weggeloop en homself gaan hang (27:5). Wat ons in ruil vir Jesus kan kry, is uiteindelik ‘n verlies. Vernietiging wag op diegene wat Jesus verwerp. Dissipels van Jesus Christus moet weier om Hom te gebruik om iets, veral geld en politieke mag, te wen.

 

  1. Mense wat met bose mense saamwerk word uiteindelik net soos hulle

Judas verlaat die geselskap van Jesus en die dissipels om saam met die bose godsdienstige/politieke leiers te werk. Dit is ‘n les vir almal, veral leiers, wat vir Jesus volg. Leiers het gewoonlik baie geleenthede om met politieke leiers en die kulturele elite te meng. Slegte geselskap bederf goeie sede (1 Korintiërs 15:33). Dit beteken nie dat ons die wêreld moet vermy nie, maar ons moenie meer waarde aan die wêreld as aan Christus gee nie. Judas kom na die leiers van Israel om te sien wat hulle vir hom kan gee. Uiteindelik word hy net soos hulle.

 

  1. Deur die bose optrede van mense bereik God sy doel

Drie maal voor sy kruisiging vertel Jesus vir sy dissipels dat Hy gevange geneem en tereggestel gaan word. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak (Handelinge 2:23). Hierdie werklikheid vertroos gelowiges en maak sin van Jesus se kruisiging. Agter die bose optrede van mense, laat God hierdie mense toe om dit te doen. Die doel hiervan was die verlossing van sy mense. God wys vir ons dat Hy goed uit alle dinge kan voortbring – selfs die dood van sy Seun.

 

  1. Ons moet ons nie gewillig by bose mense skaar nie al dink ons dat hulle verkryging van mag die wil van God sal bewerk

Ons moet besluite neem wat op God se wil berus. Sy wil kry ons in die Skrif. Deur die Skrif neem ons besluite in ooreenstemming met God se wil. Natuurlik gaan ons foute maak, maar met God se genade groei ons met verloop van tyd in ons verstaan van sy wil. Judas het hom doelbewus by bose mense geskaar en gee Jesus oor aan hulle. Sy verraad leer ons dat dit altyd reg is om van die bose te vlug.

 

Die Skrif is duidelik: Vlug van die bose; as bose mense vra dat jy hulle moet ondersteun of vir hulle moet stem, moenie mislei word nie. Lees Spreuke 1:10 – 19.

 

 




Psalm 23 (1)

 

There is no forgiveness of sins without a truly repentant heart to which sin is sincerely painful and which renounces it with all its power.  – Emil Brunner

 

Psalm 23 (1)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.]

Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Tema: Die Here is my herder.

Psalm 23 is ‘n psalm van vertroue en bevat geen pleidooi nie. Dit manifesteer dieselfde hoop as dié waarmee Psalm 22 eindig. Kenmerkend is die gebruik van simbole. Hierdie psalm kan op verskillende maniere toegepas word. Dit verwys waarskynlik na  ‘n gewone individu, maar kan ook van toepassing op ‘n leier/koning  en die gemeenskap as geheel wees.

 

Vers 1 – 4 pas bymekaar, want hulle bevestig die Here se omgee deur gebruik te maak van die beeld van ‘n herder. Vers 5 – 6 gebruik ‘n ander beeld vir die gasvryheid van die Here. Die Here

is die herder wat versorg deur die voorsiening wat ons in sy huis ontvang.. Daar is feesviering en vreugde. Aanbidding betrek die hele persoon en is ‘n verhouding met die Here wat nie tot die godsdienstige lewe beperk is nie. Die Here is ook ons herder as ons uitgaan in die wêreld met sy gevare en vyandigheid.

 

Hierdie is ‘n baie gewilde psalm by almal – Jode, Katoliek en Protestant. Dit pas by ‘n huwelik en ook by ‘n begrafnis. Dit beskryf, duideliker as enige ander Skrifgedeelte, die indiwidu se ondervinding van God se genade.

 

Die beeld van die skaap is waarskynlik meer universeel as enige ander beeld wat gebruik kan word. ‘n Skaap is heeltemal afhanklik van sy herder – hy moet hom versorg, lei en beskerm. ‘n Mens voel spontaan die skoonheid van groen weivelde, waters waar daar rusplek is en ander aan. Die donkerste kloof is wat vir elke mens voorlê. Dit is die een absolute sekerheid wat ons almal het: ons gaan sterf.

 

Ons moet onthou dat in die Bybelse tyd die woord herder dikwels ‘n aanduiding van die koning was. Die Here is Israel se enigste Koning en daarom word Hy dikwels Israel se Herder genoem. Die digter spreek ‘n belydenis uit en hy antwoord op die vraag: Wie is jou koning?

 

 




Die Koninkryk van God

 

There is no forgiveness of sins without a truly repentant heart to which sin is sincerely painful and which renounces it with all its power.  – Emil Brunner

 

Die Koninkryk van God

Die koninkryk van God word so dikwels gebruik dat die frase tot ‘n groot mate sy betekenis verloor het. Daarom is dit goed dat ons weer gaan kyk wat Jesus Christus en die evangelies sê wat dit is. In Jesus se “intreepreek” sê Hy: Die tyd het aangebreek en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie (Markus 1:15).

 

Hierdie uitspraak moes beslis sy tydgenote uit hulle slaap wakker geskud het. Dit was in daardie tyd beslis ‘n revolusionêre uitspraak. Vir Jesus Christus was God se koninkryk God se droom vir die wêreld wat bewaarheid word. Dit was nie net Jesus se droom nie, maar die droom van alle Israeliete – lees maar net die Ou Testament.

 

Maar wat het Jesus bedoel toe Hy van God se koninkryk gepraat het? Jesus sê dat die tyd vir die koninkryk aangebreek het en dat dit naby gekom het. Maar wat het Jesus se tydgenote gedink waarvan praat Hy? Hulle sou onmiddellik aan drie dinge gedink het: koning, land en burgers. Onthou Israel was onder die Romeine. Wat Jesus sê, beteken vir hulle dat die Romeine omver gewerp sal word.

 

Maar Jesus bedoel iets anders. Hy bedoel dat God se gemeenskap van Israel verder oor die hele wêreld versprei. Jesus verwys ook na die kerk as die gedeeltelike en onvolmaakte manifestasie van die koninkryk van God. Vir Hom beteken die koninkryk die hele wêreld wat God se droom beliggaam. Hy dink aan my en jou wat saam in ‘n gemeenskap lewe soos ons as gelowiges behoort te doen.

 

In die Ons Vader gebed bid Jesus: Laat u koninkryk kom. Onmiddellik daarna bid Hy: Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel (Matteus 6:10). Dit is duidelik: God se koninkryk kom as sy wil op aarde gedoen word.

 




Jou werk gaan nooit ongesiens verby nie

 

I am absolutely convinced that meaninglessness does not come from being weary of pain; meaninglessness comes from being weary of pleasure – Ravi Zacharias

Jou werk gaan nooit ongesiens verby nie

Daar is baie dinge wat ons elke dag doen wat ongesiens verbygaan. Dit geld veral vir al die take wat ‘n huisvrou verrig, die gebede vir ons kinders, tyd en energie wat jy opoffer om ander te dien. Soms word ons moeg en vra: Is dit alles die moeite werd? Dit lyk of niemand omgee nie; niemand waardeer wat jy doen nie … en môre moet ek alles weer doen.

 

Die waarheid is egter dat God sien. Alles wat ons vir sy heerlikheid en in sy Naam doen, is nooit vermors nie. Dit sluit in die klein dingetjies wat ons vir ander doen; die inspanning om iets reg te doen as dit soveel makliker sou wees om dit nie te doen nie; eindelose gebede. Dit is wat van ons verwag word: Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God (1 Korintiërs 10:31); En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom (Kolossense 3:17). Wat ons doen, doen ons vir God se heerlikheid en nie vir ons eie lof en roem nie.

 

Jesus se werk baan die weg vir al die werk wat ons doen – sigbaar en onsigbaar en ook die alledaagse. Wat ons doen doen ons deur Hom vir Hom..

“So ought you to behave this day, and every day; for you belong wholly to him who loved you, and gave himself for you. Let the love of Christ constrain us in this matter: let us put on the yoke of Christ, and feel at once that we are his blood-bought possession, and his servants for ever, because by faith he has become ours and we are his. We ought to live as Christ’s men in every little as well as in every great matter; whether we eat or drink, or whatsoever we do, we should do all to the glory of God, giving thanks unto God and the Father by Christ Jesus. Thus, you see, faith in him who gave himself for us leads us to spend our energies in his service, and to do our ordinary work with an eye to his glory, and so our life is coloured and savoured by our faith in the Son of God.”-Charles Spurgeon

 

As jy hard werk vir die Here moenie mismoedig word nie. Alles wat jy doen vir sy heerlikheid is ‘n skat ewig weggebêre. Niks gaan verlore nie. Jou stil getrouheid in alle dinge, ook die alledaagse, eentonige en onsigbare, word deur ons Vader gesien.