Dwaasheid kan net smokkel

Dwaasheid kan net smokkel

Dwaasheid is soos ‘’n vrou …  Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die hoogste plek in die stad en sy roep na dié wat verbykom, elkeen besig om sy gang te gaan: Draai af hiernatoe, almal wat nog onervare is!  Sy sê vir dié wat kennis kortkom: “Gesteelde water is soet, kos wat stilletjies geëet word. Is lekker!” (Spreuke 9:13 – 17)

Soos wysheid voorsien Dwaasheid ook kos in haar huis, maar die kos is gesteel. Dwaasheid en sonde is altyd parasities van dit wat God goed gemaak het. Dwaasheid neem dit wat goed is en vernietig die goeie deur hulle uit hulle regte plek in die samehang van dinge te ruk. Dwaasheid het nie haar huis gebou nie, sy het dit gesteel.

Bie jongmense is nie godsdienstig nie en relativisties. Hulle dring daarop aan dat elke persoon die reg het om sy eie morele waardes te skep – niemand kan hulle vertel hoe om te leef nie. Hulle het diep morele oortuigings teen rassisme en seksisme wat hulle glo vir almal geld. Hierdie morele waardes het geen sin as daar nie ‘’n God is nie en as alle moraliteit kultureel relatief is. In Wysheid se feesmaal het jy alles wat ‘’n mens wil hê: betekenis, tevredenheid, vryheid, identiteit en hoop. Hulle vloei natuurlik uit jou verhouding met God.

Ons het almal vriende wat nie in God glo nie, maar intens in menseregte en in die belang van hulpverlening aan die onderdruktes glo.  Hulle sien nie dat dit gesteel is nie. Help my om ‘’n manier te vind daarom aan hulle te verduidelik sonder om aanstoot te gee. Open hulle harte sodat hulle die noodsaaklikheid kan insien dat hulle U nodig het.

 




Paasfees verander alles

Paasfees verander alles

Kersfees speel so ‘n groot rol in die Christelike verbeelding dat Paasfees, die grootste Christelike fees, soms in die skadu gestel word. Ons sal waardeer hoe Paasfees alles verander het as ons kyk na Jesus se reiniging van die tempel in Johannes 2.

In hierdie optrede trek Jesus ‘n skerp kontras tussen ‘n oppervlakkige godsdiens en selfbeheptheid en ware geloof. God kan nie meer in die tempel teenwoordig wees nie. Dit is nie meer ‘n plek van ontmoeting, die tent van ontmoeting van die ou Israeliete, nie. Die manjifieke gebou het ‘n plek van bygeloof en selfbelang geword. Deur die tempel te reinig, verklaar Jesus dat God nou in ‘n nuwe en volmaakte weg en ontmoetingsplek vir sy mense teenwoordig is. Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid at Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Johannes 1:14)

Jesus is die nuwe tempel. Met “hierdie tempel het Hy egter sy liggaam bedoel. Later nadat Hy uit die dood opgewek is, het sy dissipels daaraan gedink dat Hy dit gesê het, en hulle het die Skrif en die woorde van Jesus geglo (Johannes 2;21 – 22)

Onthou Paasfees. Onthou die opstanding. Deur die prisma van daardie buitengewone gebeurtenis het alles verander en kom alles duideliker in fokus. Net ‘n volwasse geloof – ‘n Paasgeloof – kan verstaan wie Jesus is, verstaan wat hy geleer het en verstaan wat Hy bereik het deur sy gehoorsaamheid aan God.

Paasgeloof – die geloof wat verklaar dat hy op die derde dag opgestaan het – is een artikel in ons christelike oortuiging tussen baie ander. Soos Paulus ons in 1 Korintiërs leer, is Paasgeloof die oortuiging waarop die hele Christelike gebou, gebou is. Sonder Paasfees maak niks sin nie en Jesus is net ‘n vals profeet. Met Paasfees word alles wat onduidelik was oor Jesus se lewe en sy lot duidelik. Sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is (Romeine 8:29). Hy is die nuwe tempel (Openbaring 21:22). Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees (Openbaring 21:3)

Tydens Paasfees onthou die kerk jaarliks die ongekende aard van die Paasgebeure en hoe dit die verwagtings van wat God se beslissend optrede in die geskiedenis sou wees, laat ontplof het. Niemand verstaan dit onmiddellik nie, want wat gebeur het gaan die mense se verstand te bowe. Die vroue by die graf verstaan dit nie. Petrus en Johannes verstaan dit nie en die Emmausgangers verstaan dit nie totdat hulle die Jesus wat opgestaan het herken toe Hy die nagmaal bedien. Tydens een ontmoeting met die opgestane Jesus dink die elf dissipels dat Hy ‘n spook is. Langs die See van Galilea neem dit ‘n tyd voor Petrus en Johannes Jesus op die strand herken (Johannes 21:7). Hierdie episodes van nie verstaan nie, wat so sorgvuldig deur die vroeë kerk opgeteken is, wys vir ons die aard van Paasfees – dit het alles verander. Die eerste dissipels se verstaan van hulleself en hulle verantwoordelikhede verander. Hulle was die bevoorregtes en hulle moes die herinnering aan Paasfees lewendig hou: in hulle prediking, in die doop en nagmaal wat hulle bedien en in die nuwe Skrifte wat hulle geskryf het.  Ook hulle verstaan van tyd verander. Sondag word nou die rusdag van die nuwe verbond.  Hierdie dissipels moes die evangelie van die opgestane Jesus na alle nasies uitdra in die seker wete Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matteus 28:20). Hulle moes verander word, sodat ons ook verander kan word (Romeine 12:2).

 




Wetenskap en die opstanding

Wetenskap en die opstanding

In die antieke wêreld is ooggetuies en ‘n wonderwerk beskou as sterk bewyse om die waarheid van ‘n gebeurtenis te aanvaar. Toe Moses vir die farao gevra het om die Israeliete te bevry, het hy verskeie wondertekens gedoen om die mag van God te bewys (Eksodus 7:8 – 12). Die apostels het geredeneer dat hulle geloof waar is, want God het vir Jesus uit die dood opgewek (1 Korintiërs 15:14 – 19). Vandag glo mense nie meer in wonderwerke nie. Wonderwerke word gesien as tekens van bygeloof en word as onmoontlik beskou, omdat ons deur die wetenskap vandag meerdere kennis het.

Onlangs het baie Christene begin om wetenskaplike metodes te gebruik om te bewys dat die opstanding ‘n werklike gebeurtenis was. Hierdie sogenaamde natuurlike teologie ondersoek Christelike aansprake spesifiek deur rasionele, objektiewe prosedures. Hierdie rasionele prosedures toets aansprake op grond van hulle vooraf aannames, bewyse en logika. Meeste mense aanvaar die aanname dat die fisiese wêreld bestaan en verstaan kan word. Met hierdie aanname aanvaar, kan wetenskaplikes na die bewyse en die redenering van die opstanding van Jesus kyk en sien of dit waar is.

 

  1. Jesus se dood.

Jesus is gemartel en geslaan met ‘n sweep met skerp stukkies is, dit sou ernstige wonde op sy rug en bene gelaat het (Markus 15;15). Die doringkroon sou ook fisiese skade aangerig het. Jesus het dus heelwat bloed verloor selfs voordat Hy nog gekruisig is. Die verder fisiese gevolge van die kruisiging sou veroorsaak het dat Jesus as gevolg van uitputting en versmoring sou sterf. Johannes se ooggetuienis dat bloed en water uit die wond in Jesus se sy gevloei het, is Johannes se bewyse dat Jesus werklik dood was. (Johannes 19:33 – 37).

Hierdie beskrywing van Jesus se dood is deur verskeie mediese wetenskaplikes ondersoek. Hulle bevestig dat sy wonde baie waarskynlik vir sy dood verantwoordelik was. Al was Jesus net bewusteloos aan die kruis sou die swaard wat in sy sy ingesteek is sekerlik die dood veroorsaak het. Die bloed en water beteken dat die hart en longe raak gesteek is. Mediese kundiges aanvaar dat die bloed en water wat uit Jesus se wond gekom het, waarskynlik bloed en die helder vloeistof wat om die hart is, was. Wetenskaplikes aanvaar uit hierdie beskrywing van Jesus se dood dat Hy waarlik dood was.

 

  1. Jesus se opstanding.

Timothy en Lydia McGrew het die bewyse ten gunste van die opstanding vergelyk met die bewyse dat Jesus nie opgestaan het nie. Hulle het net gewerk met inligting wat algemeen beskikbaar is en deur Christen en nie-Christen wetenskaplikes aanvaar word.  Hier dink ons aan die dood van Jesus, die leë graf en die bekering van Paulus. Om te bewys dat die opstanding die waarskynlikste het hulle veral drie stukke getuienis ontleed:

  • Die vroue se getuienis van die leë graf;
  • Die dissipels se getuienis dat hulle Jesus gesien het en hulle gewilligheid om vir Hom te sterf; en
  • Paulus se bekering na die Christelike geloof.

Onafhanklik het hulle die moontlikheid van elke getuienis se waarskynlikheid om te bewys dat Jesus opgestaan het, ondersoek. Hulle gevolgtrekking dat die aanspraak waarskynlik korrek was. Vanuit ‘n wiskundige perspektief weeg die getuienis swaar ten gunste daarvan dat die opstanding werklike plaasgevind het. Dit ondersteun die aanspraak van die Bybel en die Christelike kerk dat Jesus werklike geleef het na sy dood. In sy genade bied God aan ons meer as genoeg objektiewe bewyse om die waarheid van wat Hy gesê het, te bewys.

 

  1. Jesus se dood en opstanding vervul profesie.

Ons in die moderne wêreld is dikwels skaam om profesie as ‘n argument te gebruik. Onlangse studies bewys dat die Ou Testament se profesieë  oor Jesus se opstanding en omliggende gebeure ondersoek kan word deur openbare, rasionele en objektiewe metodes (= metodes nie bevooroordeel ten gunste van ondersteuners van Jesus se opstanding nie). Die resultate van hierdie ondersoek is ten gunste daarvan dat Jesus die profesieë oor sy dood en opstanding vervul het. Verdere ondersoeke dat die vervulling van die profesieë bloot toevallig was, is een uit ‘n miljoen.

 

Die getuienis in hierdie ondersoeke is niks nuuts nie. Dit het egter die moderne metodes van toets en ondersoek weerstaan. Dit kan ons geloof versterk. Toe Tomas Jesus se hande en sy sien, sê Jesus: glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo (Johannes 20:29). God hoef homself nie aan ons te bewys nie. In sy genade en liefdevolle neerbuiging na ons, gee Hy vir ons bewyse van veelvoudige aard, sodat ons kan glo dat Ek is wat Ek is (Johannes 13:19)

 

Indien u verder oor die onderwerp wil lees, kan u die volgende bronne gebruik:

William Lane Craig EN J. P. Moreland (reds); The  Blackwell Companion to Natural Theology (2009).

Hugh G. Gauch: Natural Theology’s Case for Jesus’s resurrection: Methodological and Statistical Considerations. Philosophia Christi 13: 2: 339 – 35 (20011)

 




Jesus se opstanding

Jesus se opstanding

Even as an atheist, I understood one thing about Christianity: it rises or falls on the resurrection of Jesus. (Leë Strobel)

As Jesus voorspel het dat Hy sou sterf en op die derde dag weer sou opstaan – en Hy doen dit –  is dit ‘’n goeie bewys dat Hy die waarheid oor sy identiteit vertel het. Leë Strobel was ‘’n joernalis vir die Chicago Tribune  en ‘’n ateïs. Hy wou sy vrou, wat ‘’n Christen was, oortuig dat hierdie sentrale aanspraak van die Christelike geloof – die opstanding van Jesus – vals was.

 

Wat vind hy met sy ondersoeke?

 

  1. Buite-Bybelse bronne bevestig dat Jesus ten minste tereggestel is

Dalk het Jesus nie aan die kruis gesterf soos die evangelies vertel nie. Die bewyse van Jesus se teregstelling is so uitgebreid dat ons dit nie kan wegredeneer nie. Vyf antieke bronne buite die Bybel bevestig sy teregstelling. Die Journal of the American Medical Association se gevolgtrekking is:

Clearly, the weight of the historical and medical evidence indicates that Jesus was dead before the wound to his side was inflicted.”

 

  1. Die nuus het vinnig versprei

Was die opstanding nie net ‘’n legende nie? Die klassieke historikus van Oxford, A. N. Sherwin White bevind dat in die antieke wêreld meer as twee geslagte nodig was vir ‘’n legende om te vestig en ‘’n soliede kern van geskiedkundige waarheid uit te wis. 1 Korintiërs se verslag van die opstanding is te gou na die opstanding om ‘’n legende te wees. James Dunn sê dat hierdie verslag slegs maande na die opstandig geformuleer is. Ook in die evangelies kry ons verslae wat dateer binne een geslag na Jesus se opstanding.

 

  1. Die graf was leeg

Selfs die teenstanders van Jesus het implisiet erken dat die graf leeg was. Was die lyk ooit in die graf geplaas. Skeptici sê dat die Romeine nie slagoffers wat gekruisig is, begrawe het nie. Dit is nie waar nie. Die Digesta, ‘’n opsomming van die Romeinse wet sê:

The bodies of persons who have been punished should be given to whoever requests them for the purposes of burial.” In fact, in 1968 archaeologists found the buried remains of a crucifixion victim with the spike still through his anklebone.

 

  1. Daar was ooggetuies

Daar is nege antieke bronne – binne en buite die Bybel – wat die verslag van die dissipels bevestig het dat hulle die opgestane Jesus gesien het. Was dit hallusinasies of was dit visies van hulle leier veroorsaak deur intense hartseer. Sielkundiges ontken dit. Hallusinasies is soos drome wat in individuele denke plaasvind tog lees ons dat 500 mense Hom gelyktydig gesien het Dit is net nie moontlik dat die ‘’n hallusinasie kan wees nie.

Die vervolger van die Christene, Saulus van Tarsis was nie sielkundig voorberei om ‘’n visie van die opgestane Christus te hê nie. Ook nie Jesus se half-broer, Jakobus, nie. Hy was ‘’n twyfelaar tydens Jesus se lewe. Beide van hulle sterf as leiers van die kerk. Hoekom? Omdat die opgestane Christus aan hulle verskyn het.

 

Die gevolgtrekking? Die getuienis vir die opstanding van Jesus was duidelik en oortuigend. Wonderwerke is nie net moontlik nie – dit is ‘’n werklikheid. Geen wonderwerk beteken meer as die versoenende dood van Jesus aan die kruis nie – en sy opstanding uit die dood. Daarmee het Hy sy identiteit as die unieke Seun van God bewys.