Ek is hier vir jou … soort van

 

Are there not millions of us who would rather go sleeping to hell; than sweating to heaven? —Thomas Watson

 

Ek is hier vir jou … soort van

Verhoudings is nie almal dieselfde nie. In die bediening is daar verskillende soorte verhoudings. Hoe hanteer ons hulle? Jesus het geweet hoe om (en hoe om nie) in ‘n verhouding te belê. Party van sy metodes lyk vir ons soms hard en eksklusief. Kom ons kyk na verskillende verhoudings in ons bediening.

 

  1. Ek is hier vir jou

Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen.  Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van ‘n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is (Johannes 2:23 – 25).

Jesus het geweet wat Hy van mense kan verwag – en nie kan verwag nie. Om hier vir iemand te wees, beteken nie dat ons neerbuigend moet wees nie. Ons moet onsself vra: “Hoe kan ek hulle op die beste manier dien, selfs as dit beteken ek laat hulle agter die skerms in my lewe toe?”  Om vir iemand beskikbaar te wees, beteken nie dat ek hulle nooit vra om iets te doen nie, dat ek alles doen wat hulle vra nie. Ons moenie toelaat dat hulle totaal van ons afhanklik word nie. Hierdie verhoudings dryf ons nader aan God.

 

  1. Jy is hier vir my

Ons moet ‘n paar verhoudings hê met mense wat niks van ons verwag nie. Dit mag mentors, beraders of ouers wees. Leiers moet nooit hierdie kategorie leeg laat nie. Ons het mense nodig wat ons op ons slegste kan hanteer – wat ons nie oordeel nie.

 

  1. Ons is hier vir mekaar

Meeste van ons verhoudings lê op hierdie vlak. Elke verhouding het sy eie neem-en-gee dinamika. In die proses leer ons van ander en van onsself. Jesus was ongetwtfeld die leier van die dissipels, maar tog noem Hy hulle sy vriende (Johannes 15:15). Vir Hom was hierdie nie net ‘n werksverhouding nie. Omtrent alles in ons lewens wat verandering teweegbring, spruit voort uit verhoudings.

 

  1. Ons is hier vir mekaar … vir nou

Hopelik is dit nie ‘n verhouding waarin ons onsself dikwels sal bevind nie. As Jesus praat van die stof van julle voete afskud, klink dit vir ons hard. Dit mag nie beteken dat ons hierdie mense permanent uitskuif nie, maar Hy gee aan ons toestemming om te sê: “Ek het alles probeer. Dit is tyd om weg te loop van hierdie verhouding.”  As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense (Romeine 12:18). As ander mense nie reageer nie, het ons toestemming om die verhouding te beëindig.

 

Dit sou wonderlik gewees het as ons ‘n wonderformule het wat ons toelaat om in ander se harte te sien en presies te weet wat ons van hulle kan verwag. Maar dit is in die daaglikse  betrokkenheid wat ons leer. In hierdie lewe van voortgaande verhoudings met ander, ontdek ons die wonder van ‘n gemeenskap wat van mekaar afhanklik is – uiteindelik saam afhanklik van die Vader. Hy kan waarlik sê: “Ek is hier vir jou.”

 

 




Psalm 22 (2)

 

There is nothing that leaves a man so open to sinister insinuation as the management of public funds (Calvyn).

 

Psalm 22 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

22:4 – 6: Ware gebed: ‘n Vertrouensuitspraak.

Hierdie gedeelte staan teenoor vers 2 – 3. Dit verwys na die basis vir die lof vir God se dade in die verlede. Let op dat die my van die eerste verse in vers 6 met ons vervang word. Die verlossing in die verlede is net so werklik soos die huidige verlatenheid.

 

4U is tog die Heilige, U heers waar die lofliedere  van Israel opklink.

Die beeld van God wat op sy troon in die hemel of op Sion sit, is ‘n bekende beeld. Die herinnering dat die Here die Heilige is, herinner ons dat Hy ‘n magtige God is. Hy het die mag om die psalmis te verlos, maar doen dit nie. Die Here is die enigste God en verdien Israel se lof.

 

5Op U het ons voorvaders vertrou, hulle het vertrou en U het hulle bevry.

6Tot U het hulle geroep en hulle het ontvlug; op U het hulle vertrou en staan nie beskaamd nie.

Hierdie is ‘n verwysing na die Israeliete se verlossing uit Egipte. Toe het die voorvaders op die Here vertrou en Hy het hulle verlos. Daar het hulle uitgeroep en die Here het geluister. Die roep na die Here is ‘n uitdrukking van vertroue. Dat hulle ontvlug het, beteken daar is geen rede vir skaamte nie.

 

Die psalmis se vertroue op die Here, die oënskynlike vergeefsheid daarvan ten spyt, is nie maar net mooipraatjies nie. Dit staan vas, want dit is gebaseer op wat God in die verlede gedoen het. Hy is die Heilige wat anders is as mense. Hy woon waar die lofsange van Israel weerklink: die lofsange is sy troon – nes die ark. Hy is koning en sy verbondsvolk maak voortdurend vir Hom ‘n troon met hulle lofgesange wat sy wonderdade besing. Die voorvaders het nooit tevergeefs op God vertrou nie. Dit is die psalmis se troos en anker in hierdie stormtyd. Sy troos en hoop is daarin geleë dat God tot nou toe nog altyd uitkoms gegee het.

 




Die Skepping

 

The fellow that has no money is poor. The fellow that has nothing but money is poorer still. —Billy Sunday

 

Die Skepping

In die begin het God die hemel en die aarde geskep (Genesis 1:1)

Daar is al baie oor die oorsprong van die heelal geskryf. Was dit nog altyd daar? Het dit ‘n begin gehad? As dit ‘n begin gehad het, wat was die oorsaak daarvan?

 

In die vroeë 20ste eeu het daar ‘n teorie onder kosmoloë na vore gekom wat vandag algemeen aanvaar word deur wetenskaplikes. Steven Weinberg, fisikus wat die Nobelprys gewen het, skryf dat daar in die begin ‘n ontploffing was. Dit is nie ‘n ontploffing wat op ‘n sekere punt begin het nie, maar ‘n ontploffing wat oral gelyktydig gebeur het. Dit het al die spasie gevul – elke partikel van materie het van die ander weg beweeg. Binne ‘n gedeelte van ‘n sekonde styg die temperatuur ‘n honderd duisend miljoen grade Celsius. Die materie van die heelal is onder geweldige druk in een digte massa saamgedruk. In ‘n suiwer fisiese sin was dit die oomblik van skepping. [Hierdie is ‘n baie oppervlakkige beskrywing van die oerknal.]

 

Van ‘n oneindige klein punt ontstaan die heelal en tyd. En die wetenskap kan dit nie verduidelik nie. Maar die heel eerste vers in die Bybel verduidelik dit: In die begin het God die hemel en die aarde geskep (Genesis 1:1). God het dit alles ex nihilo –  uit niks uit nie – geskep. Die bekende wetenskaplike, Jastrow, stel dit so: “For the scientist who has lived by his faith in the power of reason, the story ends like a bad dream. He has scaled the mountains of ignorance; he is about to conquer the highest peak; as he pulls himself over the final rock, he is greeted by a band of theologians who have been sitting there for centuries.”

 

Christene moet die waarheid liefhê. Gebruik geleenthede om by die teologie en die wetenskap te leer terwyl ons die God van alle waarheid aanbid.

 




Die grootste probleem van jongmense: Obsessiewe vergelyking

 

Everything that God does to His people is all love. Sometimes the love is a little disguised, but the love is always there. —C.H. Spurgeon

 

Die grootste probleem van jongmense: Obsessiewe vergelyking

‘n Obsessiewe vergelykingsteurnis is die verpligting om ons gedurig met ander te vergelyk. Dit lei tot ongewensde gedagtes en gevoelens wat ons dryf tot teneergedruktheid, angs en ongelukkigheid. Vergelyking het begin toe sonde begin het. Die eerste moord in die Bybel was ‘n neweproduk van vergelyking. Twee broers bring ‘n offer vir God. God aanvaar Abel se offer, maar nie dié van Kain nie.                                                                                                                                                                                                                            Die gevolg is dat Kain vir Abel vermoor.

 

Tydens Jesus se maaltyd vertel Hy vir hulle skokkende nuus: een van hulle gaan Hom verraai. Wat doen hulle? Hulle begin ‘n argument oor wie van hulle die grootste dissipel is (Lukas 22). Vergelyking was nog altyd daar, maar nou het die Internet en sosiale media hierdie probleem vererger. Ons het nou die vermoë om ons met enigeen te vergelyk.

 

Maar hierdie steurnis het sekere newe-effekte. Dit is dié oorsaak dat mense goed koop wat hulle nie nodig het nie. Ons vergelyk ons met ons vriende op Facebook. Hierdie steurnis neem God se ontwerp vir ons lewens en verwring dit – dit konsentreer op al die dinge wat jy nie het nie in plaas daarvan om op dit wat jy doen te konsentreer. Hierdie steurnis isoleer ons. Hoe dikwels hoor ons nie: “Ek is so eensaam” nie. Dit blokkeer eerlike, opregte gesprekke. Kwesbaarheid en opregtheid gaan nie saam as ons ons beeld op Facebook aanpas om beter te lyk nie. Ons verbind met mense oor die stryd waarvan ons deel is.

 

Wat kan ons doen om ons van obsessiewe vergelykingsteurnis te genees?

 

  1. Minder tyd aan TV en op sosiale media

Sosiale media en die TV kan jou steurnis net vererger, want jy gebruik al jou energie om cool te lyk. Ons moet probeer om dinge wat ons angstig maak te vermy. Die steurnis verslind jou energie, kreatiwiteit en vrede – drie bestanddele wat jy nodig het om goed te kan lewe. Ons fokus moet na vore wees. Sou dit nie wonderlik wees as ons al die energie wat ons mors deur ons met ander te vergelyk, kan gebruik om ons eie lewe te leef.

 

  1. Vier dit wat jy doen

Moenie ‘n obsessie hê met dit wat jy nie doen nie. Ons moet vier op die skip waarop ons seil in plaas daarvan om te verdrink omdat jy in ‘n ander se water wil swem.

 

  1. Behou en verfyn jou eie sous

Behou en verfyn jou eie sous – daardie unieke geur wat jy na die wêreld bring wat niemand anders kan doen nie. God is die Meester vakman. Hy het jou gemaak met ‘n unieke mengsel van bestanddele Hoe meer jy dit wat jy geskep is om te doen, verfyn, hoe meer kan jy dit wat ander doen, vier.

If you are humble nothing will touch you, neither praise nor disgrace, because you know what you are.” (Moeder Teresa)