Hoe plant jy kerke?

 

Never value ability over character. Character eventually catches up. —Ed Stetzer

 

Hoe plant jy kerke?

Brett Andrews het in die 90’s New Life Christian Church geplant en sedertdien het hierdie kerk nog 80 ander kerke geplant. Hy erken dat hyself geen benul gehad het oor hoe om te werk te gaan nie. Die rede vir hulle sukses beskryf hulle as die vermoë om oop hande te hê.

 

Brett Andrews gee die volgende raad:

  1. Dit gaan nie oor jou nie

Dit gaan nie oor my nie; dit gaan daaroor dat jy God soek en gehoorsaam is aan sy roeping en sending.

 

  1. Lewe met oop hande

Jy ontvang geen seën van God as jou hande toe is en jy in vrees lewe nie. Dit herinner ons aan die Gelykenis van die Muntstukke (Matteus 25). Die slaaf wat net een muntstuk ontvang het, begrawe dit. Toe sy eienaar terugkom het hy allermins ‘n skrobbering verwag. Hy was bang: ek ken u en weet dat u ‘n harde man is. Die eienaar reageer: Jy is ‘n slegte en ‘n lui slaaf! Doen ons nie dieselfde nie? Ons dink ons ken God, maar ons vertrou Hom nie, want ons ken Hom nie werklik nie. Ons hou aan ons goed vas asof dit ons s’n is om aan vas te hou. Ons begrawe dit. Maak jou hande oop en stel dit wat God jou gegee het, vry.

 

  1. ‘n Voorkeur vir optrede

Ons moet ‘n voorkeur of liiefde vir optrede hê. Dit is die teenoorgestelde van jou muntstuk begrawe. Dit is een ding om te dink aan wat God wil hê dat jy moet doen, maar dit is iets anders om in gehoorsaamheid op te tree – vandag. Ons woon konferensies by, ons lees boeke – dit is maklik. Dit is iets anders om met moed op te tree en as ek misluk iets daaruit te leer en God toe te laat om my vorentoe te beweeg. Kyk weer na die gelykenis van die muntstukke. Wat sê die einaar vir hulle? Wat moet hulle doen? Hy sê niks nie; hy gee net die muntstukke vir hulle. Hy verwag dat hulle kreatief moet wees; hy verwag dat hulle iets met die muntstukke sal doen.

 

Dit is belangrik om met oop hande te lewe, want dit is die kern van wat van ‘n gestuurde kerk verwag word. Dit is belangrik vir ‘n kerkplanter, maar ook vir elke gelowige – jy kan nie jou kruis optel en Hom elke dag volg as jou hande toe is nie. Dit is net as ons oop en kwesbaar is dat ons ‘n impak kan maak.

 




Psalm 20 (2)

“No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite.” – Nelson Mandela

Psalm 20 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

20:7 – 10: Help ons in ons nood.

7Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord uit sy heilige hemel met kragtige verlossingsdade van sy regterhand.

Die ek waarna hier verwys word, is die stem van die koning. Hy verwys na homself as die Here se gesalfde. Hier sien ons dat God reeds besig is om op te tree volgens wat Hy beloof het. Die koning herhaal die belofte: Hy sal hom antwoord …  God is reeds besig om die belofte te antwoord.

 

8Party beroem hulle op strydwaens, ander weer op perde, maar ons, ons beroem ons op die Naam van die Here ons God.

Hier word nou weer na ons verwys – dit is die mense of hulle verteenwoordiger. Hier sien ons weer die tema van vertroue – party vertrou op strydwaens en perde. Maar die koning en die mense beroem hulle net op die Naam van die Here. Net die Here kan sy gebed verhoor. Terwyl die vyand vertrou op hulle militêre mag, vertrou sy kinders op die Naam van die Here ons God. Die kontras tussen hulle en ons is groot. Dié wat op hulle eie mag staatmaak struikel en val, maar ons sal regop en vas bly staan.

 

9Húlle sak inmekaar en val, maar ons, ons staan op en hou mekaar staande.

Hier word gebeure wat nog moet kom as werklikhede beskryf.

 

10Here, verlos tog die koning, antwoord ons op die dag wanneer ons om hulp roep!

Die dag wanneer ons om hulp roep, vervang nou die dag van nood – dit is nie meer ‘n dag van nood nie.

 

In die volgende blog gaan ons na die teologiese implikasies can hierdie psalm kyk.

 

 




Psalm 20 (3)

 

Here is the test to find whether your mission on earth is finished: If you’re alive, it isn’t. -Richard Bach

 

Psalm 20 (3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese Implikasies

Wat kenmerkend van Psalm 20 is, is die prominensie wat dit aan die seën van die koning gee: die verklaring dat God van plan is om op die koning se gebede te reageer, hom gaan onderhou en beskerm en aan hom die oorwinning gaan gee. ‘n Seën is nie so seer ‘n versoek gerig aan God nie, maar wat die persoon sê wat God kan doen. Seën is God se manier om ‘n doel in mense se lewens te implementeer. Hier is ‘n tweerigting verhouding: die koning seën die mense en die mense seën die koning.

 

Die mense as geheel, maar veral die priesters, weet wat God se doel vir die koning is. In gevalle waar dit onseker lyk, moet die mense aan die koning verklaar dat God se doel verwesenlik sal word. God sal sy offers aanvaar, sy gebed aanvaar en hom beskerm en onderhou. Hulle het vertroue dat dit sal gebeur en daarom vertropu hulle eerder op God as op hulle militêre mag. So verklaring van God se bedoeling, versterk die koning in dit wat hy moet doen. Seën maak nie gebed oorbodig nie. Omdat mense hulle Godgegewe verantwoordelikheid om ander te seën moet uitvoer, kan hulle met meer vertroue bid dat God sy seën sal implementeer.

 

Ook in die Nuwe Testament het nense die vermoë, verantwoordelikheid en voorreg om mekaar te seën (Lukas 2:34, 6:28; Romeine 12:14; 1 Korintiërs 4:12). Kerke en leraars lewe in ‘n mede-afhanlike verhouding – soos die koning en sy mense van mekaar afhanklik is. Die gemeents het die mag, voorreg en verantwoordelikheid om hulle leraar te seën deur God se aanvaarding van sy gebede en God se beskerming en hulp te verklaar. Hulle verklaar ook hulle eie vertroue in God eerder as in die kerk se hulpbronne. Die leraar is afhanklik van hulle seën – en hulle self is afhanklik van daardie seën.

 

Wie op die Here vertrou, mag maar vra. Wie aan Hom vashou, mag maar smeek: Mag die Here ons gebed verhoor wanneer ons na Hom roep. In hierdie vers het ons die inspirasie vir God save our Queen.

 

Die militêre krag van ‘n volk is nie geleë in sy groot leër nie: die magtige God gee die oorwinning. Hiervoor word daar in die begin- en slotvers gebid. Die koning as gesalfde, as messias, is seker van die oorwinning. Hierdie sekerheid het eeu na eeu vooruitvertel van die oorwinning wat God se gesalfde behaal het, en wat Christus, die Gesalfde van God, finaal behaal het. In Hom word elkeen van sy volgelinge – elke Christen – dit deelagtig. Die koninkryk van God seëvier.

 

Hierdie psalm verkondig ‘n onontkombare waarheid: ‘n gemeenskap se lot is ten nouste verbind met politieke omstandighede. As politieke maghebbers bedreig word, word die volk ook bedreig. Nog belangriker: as vertroue op God plek maak vir grootheidswaan, gaan ‘n gemeenskap ten gronde. Daarom moet ons bid vir hulle wat ons regeer en op God vertrou wanneer die land bedreig word. Ons moet seker maak dat ons ons vertroue stel op die Een wat die ewige oorwinning gee.




Plaas God eerste

 

What wisdom can you find that is greater than kindness? -Jean Jacques Rousseau,

 

Plaas God eerste

Soos ‘n pa sy kinders het ons julle elkeen bemoedig en aangespoor en dit op die hart gedruk om tot eer van God te lewe, Hy wat julle geroep het om in sy koninkryk in te gaan en so aan sy heerlikheid deel te hê (1 Tessalonisense 2:12).

As ons waarlik God se seën in die lewe wil hê, moet ons Hom eerste plaas. Die koninkryk van God is ‘n huidige werklikheid; die krag van God is ‘n huidige hulpbron. Dit is die energie wat jy kry om te doen wat God wil hê as jy aan Hom oorgegee het en jou aan sy wil onderwerp het. God se heerlikheid is die rede. Dit is die rede vir alles; alles gaan oor God se heerlikheid.

 

Wat beteken dit om in God se koninkryk te lewe? Dit beteken God se agenda word jou agenda; God se wil word jou wil; jy gee om vir die dinge waaroor God omgee. Daar is veral vyf gebiede waar Christene God eerste kan plaas: finansies, belangstellings, verhoudings, skedules en probleme. So kan mense negatiewe gevoelens en emosies oorwin; so kan mense die vrees van verwerping afweer.

 

Die vrees van verwerping is die gevolg van ‘n gebrek aan liefde. Almal van ons het liefde nodig as ons gesonde individue wil wees. As ons dink iemand gaan in 100% van ons liefdesbehoeftes voorsien, maak ons ‘n groot fout. Net God kan dit doen.