Hoe moet ek bid as ek nie daarna voel nie? Wat kan ek by Dawid leer?

 

Sin in this life brings the torments of an accusing conscience, and in the next eternal death. .. These things, unless we are beyond measure stupid, ought to generate in our minds a hatred and horror of sin, and also a love and desire for righteousness. — Johannes Calvyn

 

Hoe moet ek bid as ek nie daarna voel nie? Wat kan ek by Dawid leer?

Lees net weer die psalms. Jy sal gou sien en leer hoe hy gebid het. Die manier hoe hy God gesien en behandel het en hoe hy homself deur God se oë gesien het, sien ons duidelik in sy gebede. As ons meer  soos hy gebid het, sou ons dieselfde nabyheid aan God ondervind het as wat hy gedoen het.

 

Hier is ses eienskappe van Dawid se gebede wat ons met vrug kan navolg.

  1. Opregte eerlikheid

As Dawid met God praat, praat hy diep uit sy hart uit. Hy praat met intense emosie – of dit nou vrees of hartseer of frustrasie is. Hy sensor nie versigtig sy woorde nie – hy praat eerlik en opreg. Maak nie saak wat hy gevoel het nie, hy het dit voor God neergelê – met eerlikheid. Hy voel naby en gemaklik genoeg om dit met God te deel – God was sy beste Vriend. Hy weet dat God alles wat hy op daardie oomblik ondervind, kan hanteer.

Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand? Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag vir dag vir my sê: “En waar is jou God nou?”

 

  1. Vra met moed

Dawid het dikwels vir God gevra – allerhande dinge. Dit is ‘n lang lys van alles wat Dawid nodig gehad het. En hy huiwer nie om te vra nie – hy het vertroue in wat hy nodig het en wat God vir hom wil gee.

Luister tog, Here na my regverdige saak, let op my hulpgeroep wat ek in alle opregtheid bid … Ek roep U aan, want U sal my antwoord …Toon U wonderlike trou (Psalm 17:1 – 7).

Dawid kon so bid, want hy het geweet dat hy spesiaal vir God is en dat God hom liefgehad het en na hom sou luister. Hy het vertroue gehad dat die Here sou luister.

 

  1. Bevestig God se wese

Dawid vra God om op te tree, maar dikwels voeg hy by dat hy weet dat God die vermoë het om dit te kan doen Hy het vertroue in God se karakter. Dit verander gebede van hopeloosheid en bedel na ‘n siening van vetroue.

Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie … Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie (Psalm 25:1 – 3).

 

  1. Loof God

Tussen sy versoeke lees ons van Dawid s liefde vir God deur sy lof. Daar is ‘n eerbied wat Dawid vir God het. Hy het graag hierdie eerbied wat hy gehad het in lof uitgedruk.

Onder die volke wil ek U loof, Here, onder die nasies u lof besing, want u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke (Psalm 57:10 – 11).

Die Here is genadig, vol deernis; sy liefde en trou is oorvloedig; Hy is lankmoedig en vol liefde. Let op dat Dawid nie vir God vra om genadig te wees nie – hy loof Hom net omdat Hy reeds genadig is. Hy glo eenvoudig dat hy vergifnis sal ontvang en loof God daarvoor.

 

  1. Dawid herinner homself

Dawid het natuurlik oomblikke van swakheid en frustrasie beleef. Hy laat egter nie toe dat hierdie emosies bly nie. Hy praat met homself; hy bemoedig sy hart en denke om aan te hou om God te vertrou en te bedank.

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Ja, ek sal weer vir die Here ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God (Psalm 42:12).

 

  1. Dawid behou hoop

Nie al Dawid se gebede is onmiddellik beantwoord nie. Ons sien dit uit sy stellings dat hy op God wag. Hy gooi nie tou op as niks gebeur nie, maar hy hou aan glo. Hy herinner hom daaraan dat daar altyd hoop is.

Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here (Psalm 27:14).

Hierdie is volwasse geloof: Dawid verwag dat God sal optree ten spyte van wat hy tans sien.

 

Dawid het geweet dat hy waardevol en vergewe is. Hy het nie gedink hy is trots omdat hy waardevol vir God was nie.  Hy het geweet wie God is en wie hy in God is. Dit maak die  die verskil in hoe hy gebid het. Ons moet ook God se hart en trou teenoor ons erken. Ons moet ook besef dat ons vir Hom waardevol is. Dan weet ons ware gebed is moontlik.

 




Moet jou kinders die erediens bywoon?

 

It is God’s kindness that leads us to repentance, not our repentance that leads God to be kind. —Scott Sauls

 

Moet jou kinders die erediens bywoon?

Om jou kind na ‘n erediens te neem, is nie altyd maklik nie. Dit is ‘n moeilike oorgang – vir die kinders en vir die ouers. As dit dan so is, hoekom moedig ons dan aan dat ouers hulle kinders na die eredienste moet bring – om as gesin saam te aanbid?

 

  1. Dissipelskap

Die kern van Jesus se opdrag aan sy dissipels is om dissipels van al die nasies te maak. Hierdie “al” sluit ook in al die mense in ons huisgesin. Hierdie opdrag het nie ‘n ouderdomsbeperking nie. Om die evangelie te hoor en om die effek daarvan op aanbidding te sien, is ‘n kragtige manier om dissipels te maak. Dit is kragtig vir ‘n kind om die lewe saam met ander dissipels van alle ouderdomme en alle volwassenheidsvlakke te ondervind.

 

  1. Opvoeding

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan (Deuteronomium 6:6 – 7). Die woord van God moet aan ons kinders geleer word – vandag. ‘n Erediens waar die Skrif gelees word, gesing word, gebid word en gepreek word, help om ons kinders op te voed. Om in ‘n erediens te sit, leer hulle hoe om God te aanbid deur na sy woord te luister.

 

  1. Tradisie

Ons is maar sku vir tradisie. Natuurlik moet ons nie blindweg tradisie dien nie. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het (Judas :4)) Hierdie is dieselfde geloof wat nou aan ons toevertrou is. Natuurlik kan ons slegte gewoontes by tradisie aanleer, maar tradisie kan ons help om nie foute te maak nie.

 

  1. Geleentheid

Al verstaan die kinders aanvanklik nie alles nie, sal hulle een ding verstaan – die mense wat hulle liefhet en langs hulle staan. Dit gee aan ons die geleentheid om dit wat hulle nie verstaan nie, te verduidelik. Hierdie is ‘n geleentheid om die ewigheid aan hulle bekend te maak – God se mense wat saam aanbid.

 

Om saam met kinders ‘n erediens by te woon, is moeilik, maar dit is die moeite werd om te verduur. Natuurlik gaan hulle jou aandag aflei, maar dit sal nie vir altyd voortduur nie. Intussen is jy besig om iets wat altyd sal duur, op te bou.

 




Suksesvolle evangelisasie

 

The church is not only where disciples go once a week; it’s where disciples are made. —Michael Horton

 

Suksesvolle evangelisasie

In 1880 word William Booth, die stigter van die Heilsleër, gevra om  die Werslyan Methodist Conference toe te spreek. Dit was ‘n interessante uitnodiging, want hy het die Metodiste Kerk verlaat om ‘n meer aktiewe en lewenskragtige evangelisasie bediening te begin. By die konferensie verduidelik hy die impuls wat sy beweging begin het. Hy gee vier sleutels vir volgehoue sukses.

 

Hy sê dat hy ‘n liefde ontwikkel het vir al die mense wat nie deur die Christelike kerke beïnvloed word nie. Hy glo dat as hulle aan die hel sou dink, sal hulle daarvan wou wegdraai. As ons hulle net so ver kan kry om aan die hemel te dink. As ons hulle net so ver kan kry om aan Christus te dink, sal hulle in sy arms vlug.

 

Sleutel #1: Die evangelie vir die behoeftiges

Hy sê dat hulle mense in die straatvore soek. Gou sien hulle nie meer die put waaruit hy gekom het nie. Hy sê: We are moral scavengers, netting the very sewers. We want all we can get, but we want the lowest of the low.’

 

Sleutel #2: Konteks en buigsaamheid

Daar is ‘n vooroordeel teen die sogenaamde laer sosiale klasse en kerke. Hierdie mense gaan nie kerk toe nie, maar wel na ‘n teater of winkel. Daarom gebruik hulle tot pansjieswinkels as bymekaarkomplekke  in hulle pogings om mense te bereik.

 

Sleutel #3: Kry nuwe gelowiges onmiddelik by evangelisasie betrokke

Mense wat tot bekering kom, moet werk. Sodra hulle tot bekering kom, moet hulle dit sê. In hulle getuienis lê baie van die krag van hulle werk. Hy vertel die verhaal van ‘n belangrike man wat een van die vroue wat die vergadering gelei het, gevra het wat ‘n onkudige vrou soos sy oor godsdiens weet. Hy kon selfs die Ons Vader-gebed in Latyn opsê. Sy antwoord: “Ek kan meer as dit sê. Ek kan sê dat die Here my gered het – in Engels.”

 

Sleutel #4: Harde werk

Booth sê vir sy mense dat harde werk en heiligheid altyd sal slaag.

 

Booth se doel was om meer “stasies” buite die wentelbaan van die tradisionele kerke te vestig.

 

 




Die storie van die evangelie

Grateful law-keeping is the saved sinner’s response to received grace. The rest of our lives are a way of saying, “Thank you.” —Derek Thomas

 

Die storie van die evangelie

The Christian Church confesses that [what the world calls] “myth” is history itself. She recognizes herself by this myth, she recognizes her life, her true reality. She is the witness of witnesses, she recognizes through the Holy Spirit that this is the one really interesting story. Then she turns back the historians’ weapon: She says to them: What you call “myth,” that is history! She will also add: What you call history, that is a myth! A myth, a made-up history, that fancies the fate of man as depending on his earthly vicissitudes, a myth, a made-up history, that confuses the immediate success of a cause with its truth, and so on. —Karl Barth

 

Handelinge open met twee gebeure van groot belang in die verlossingsgeskiedenis: Jesus se hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees. Jesus se opstanding is die begin van God se nuwe begin – wat die Nuwe Testament “die laaste dae” noem. In Jesus Christus het die toekoms die huidige geïnfiltreer – Christene is ons wat die einde van die tye al beleef (1 Korintiërs 10:11). Die feit dat Jesus na die hemel opgevaar het, beteken nie dat Hy nou afwesig is nie – Hy is steeds teenwoordig, maar nou in ‘n ander vorm.  Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe (Johannes 14:18).  Vanaf die pinksterdag kom die Gees van God en woon in elkeen wat bekeer is en in Jesus Christus glo. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken Vader! (Galasiërs 4:6). Dit is die grootste ding wat in enige mens se lewe kan gebeur. Niks sou moontlik gewees het sonder die werking van die Heilige Gees nie. Die Heilige Gees maak ons bewus van ons behoefte aan God, maar plaas ons ook in die regte verhouding met die Vader deur die Seun. Die Gees bemagtig ons ook om elke dag saam met Christus te loop en om te groei in ons liefde vir Hom en vir mekaar.

 

Ons praat nie van selfverbetering nie.  Die mens kan niks tot sy verlossing bydra nie. Versoening is die gevolg van geloof en nie persoonlike meriete nie. Verlossing is die gevolg van wat God eens en vir altyd deur die lewe, dood en opstanding van Jesus Christus gedoen het.  “As long as Christ remains outside of us, and we are separated from him, all that he has suffered and done for the salvation of the human race remains useless and of no value to us” (Calvyn – Institutes 3.1.1.).

 

Die evangelie is persoonlik, maar nooit net ‘n private aangeleentheid nie. Daarom het die vroeë Christene dwarsoor die Romeinse Ryk versprei om die evangelie te verkondig. In die laaste woorde in Handelinge sien ons dat Paulus die evangelie verkondig het met die grootste vrymoedigheid en sonder enige verhindering.  Maar die geskiedenis van die Christendom is nie een van gladde vooruitgang nie. Daar was baie terugslae, maar ook tye van herlewing, hervorming en hernude geloof. Leraars kom en gaan; dwaalleraars kom en gaan; die woord van God bly altyd staan. God het Hom nooit sonder ‘n getuie gelaat nie. Die klippe roep dit uit – die evangelie gaan voort. Sy storie kan nie gestop word nie.