Psalm 14 (3)

 

“Religion is the possibility of the removal of every ground of confidence except confidence in God alone.” Karl Barth

 

Psalm 14 (3)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Hierdie is ‘n lang psalm so ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hom spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese Implikasies

In die antieke wêreld was daar baie min mense wat werklik ateïste was – al het hy sy God of gode net deur bygeloof of die bestudering van die sterre geken. Die dwaas dink daar is geen God nie, beteken eintlik dat die dwaas nie dink daar is ‘n God wat persoonlik in ons belangstel nie.

 

Die psalm sê dat ‘n goeie en wyse lewe erken dat God betrokke by die wêreld is. Daarom kyk hulle na Hom vir hulp. Die dwaas ignoreer vir God. Daarom ignoreer hy ook dit wat reg en dit wat verkeerd is. Dwase glo dat God nie by die wêreld betrokke is nie en daarom kan hulle doen wat hulle wil. Dit is dwaas om God  se optrede in die wêreld te ignoreer. As mense optree asof God nie by die wêreld betrokke is nie, is dit ‘n bedreiging vir die magteloses.. Hulle word egter uitgedaag om aan te hou lewe uit die oortuiging dat God aktief in hulle midde is. God se plek in die wêreld is tussen die getroues as hulle swak is en onder druk verkeer.

 

God bestaan nie net nie: Hy is juis daar waar die goddelose Hom die minste verwag – aan die kant van die regverdiges. Die Hebreeuse teks sê letterlik: “Onder die geslag van die regverdiges.” God neem nie net passief waar nie. Hy vereenselwig Hom ook met sy volgelinge se lot. Watter troos bied dit vir ons wanneer dit vir ons lyk asof God nie ingryp om sake reg te stel nie.

 

Daar is werklik min mense wat glo dat daar nie ‘n God is nie. Daar is egter baie mense wat leef asof daar nie ‘n God is nie. Omdat die dwaas nie rekening met God hou nie, spreek dit vanself dat die volgelinge van God nie baie simpatie van hom sal kry nie. Die dwaas onderneem niks positief nie – sy dade is altyd negatief gerig op die regverdiges. Paulus haal uit hierdie psalm aan om te bevestig dat almal gesondig het (Rom 3:11 – 18). Daarom is ons ook almal skuldig. Gelukkig bly die Here die toevlug van almal wat hulle afhanklikheid van Hom besef. Hy is die toevlug vir mense wat besef en beleef dat God leef – dat Hy in hulle woon. Daarom kan ons ook ons lewe volgens sy wil inrig, want daar was een Mens wat volkome goed was. Deur Hom het God getoon dat Hy wel ingryp en dat sy adres by elke gelowige – by elkeen van ons – is.

 

 




Die geloofwaardigheid van die evangelie

 

The church is at the centre of the eternal and historical purpose of God – John Stott

 

Die geloofwaardigheid van die evangelie

Hoe kan ons die evangelie in ‘n pluralistiese samelewing geloofwaardig maak? Hoe kan ons mense oortuig dat God se mag oor mense se aangeleenthede gemanifesteer word deur ‘n Man wat aan die kruis gesterf het? Dit kan ons net doen in ‘n geloofsgemeenskap wat die evangelie glo, verkondig en uitleef. Jesus Christus het nie ‘n boek geskryf nie … Hy het ‘n gemeenskap om Hom bymekaar gebring.

 

Hierdie geloofsgemeenskap vandag is die kerk. Die ware liggaam van Jesus Christus het die volgende eienskappe:

  • Dit is ‘n gemeenskap waarin God geloof en geprys word.
  • Dit is ‘n gemeenskap wat nie vir homself leef nie, maar intens betrokke is by die probleme van sy samelewing.
  • Dit is ‘n gemeenskap waarin die waarheid geld.
  • Dit is ‘n gemeenskap waar mense voorberei en ondersteun word in hulle uitoefening van die geestelike priesterdom (1 Petrus 2:5)
  • Dit is ‘n gemeenskap van wedersydse verantwoordelikheid.
  • Dit is ‘n gemeenskap van hoop.

 

Weerspieël ons gemeentes vandag steeds hierdie kenmerke?

 

 




Psalm 14 (2)

 

The martyrs did not die because they believed the gospel, they died because they proclaimed the gospel. —David Platt

 

Psalm 14 (2)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Hierdie is ‘n lang psalm so ek gaan ‘n hele aantal blogs aan hom spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

 

14:4 – 6: Die gelowige weet daar is ‘n God.

4Is almal wat onreg pleeg dan sonder insig, hulle wat my volk eet soos ‘n mens brood eet? Hulle roep die Here nie aan nie.

5Dan oorweldig skrik hulle, want God is met die regverdige geslag.

Julle maak die raad wat die magtelose gee, bespotlik, maar die Here is sy skuilp[lek.

Diegene wat onreg pleeg is sonder insig. Onreg mag na vals aantygings of vloeke verwys. Hulle verslind mense net so maklik as wat hulle brood eet. Hulle maak die lewe vir ander moeilik. In plaas daarvan dat hulle die Here vir hulle behoeftes aanroep, onderdruk hulle ander om so in hulle behoeftes te voorsien.

 

Die psalmis kwalifiseer hierdie goddeloses:

  • Diegene wat onreg pleeg – hulle is in magsposisies en misbruik hulle mag.
  • Diegene wat my volk opeet,
  • Diegene wat weier om die Here te dien – Hom nie aanroep en sy raad vra nie.

Dit lyk of die dwase mense die volksleiers – die regeerders – is. Al leef hulle asof God nie bestaan nie, behoort hulle te weet dat Hy bestaan. In die verbondsvolk se geskiedenis het Hy Hom so duidelik geopenbaar. Elkeen kon weet: Die Here is God. Wie dit weet en nie daarvolgens lewe nie, sal swaar gestraf word met die straf wat ‘n ligsinnige en ‘n dwaas verdien.

 

Skrik oorweldig die mense wat ander onderdruk en so vol vertroue is dat alles reg is – hulle wat glo dat hulle God buite rekening kan laat. Hoekom word hulle deur skrik oorweldig? Want God is met die regverdige geslag. Diegene teen wie hulle onreg pleeg, is God se mense – God is by hulle teenwoordig. Daarom kan jy nie met hulle mors nie.`

 

Julle maak die raad wat die magtelose gee, bespotlik, maar die Here is sy skuilplek. Die magteloses het geen alternatief as om vir God hulle skuilplek te maak nie. Dit is hoe hulle die druk in hulle lewens hanteer. Hier sien ons God se verhouding met kwesbare mense. Mense wat sê dat daar geen God is nie, huiwer nie om mense wat by God skuiling soek, aan te val nie,  want hulle glo dat God nie by die wêreld betrokke is nie. Om by Hom skuiling te soek, is volgens hulle nutteloos.

 

14:7: Die gelowige wag biddend op God se ingrype teen die goddeloses.

7Mag daar uit Sion redding kom vir Israel! Wanneer die Here die lot van sy volk omkeer, moet Jakob juig, moet Israel bly wees.

Hierdie is meer ‘n wens as ‘n pleidooi. Die psalmis kan nie wag vir God om sy menste te red en te herstel nie.Rediing uit Sion volg uit die oortuiging dat God daar woon. God is by sy getroue gemeenskap wat in Sion aanbid.

 

Volgende keer let ons op die teologiese implikasies van hierdie psalm.

 




Individualisme en die gelowige

 

Outside the church there is no salvation (Augustinus)

 

Individualisme en die gelowige

Met reg word individualisme as een van die grootste gevare van die kerk gesien. Dit is egter nie moontlik, en ook nie wenslik, om alle vorme van individualisme uit ons teologie te verwyder nie.

  • Individue moet steeds op die evangelie reageer.
  • Individue moet steeds gehoorsaamheid en lojaliteit beoefen.
  • Individue is steeds aanspreeklik vir hulle optrede.

Wat wel kortkom is die begrip van ‘n korporatiewe identiteit: ek is wie ek is omdat ek deel van die kerk is.

I am because we are; since we are, therefore I am (John Mbiti).

Teologie word in die kerk ontwikkel, belig, verkondig en toegepas. Ons moet ons identiteit in die  geloofsgemeenskap bou.

 

Die kerk is die openbare gesig van die evangelie. Vir baie mense is dit die enigste evangelie wat hulle ooit sal hoor.